
Okahandja-aktivis vra vir vir 4x4-ambulans
Loading player...
Okahandja-aktivis Gerub Gaseb het die nuwe, toegeruste ambulans by die Okahandja-staatshospitaal verwelkom. Hy het streeksraadslid Bethuel Tjaveondja geloof vir sy bydrae om een van die regering se 19 nuwe ambulanse vir die distrik te bekom. Die nuwe ambulans sal help om druk op gesondheidsdienste in die distrik, wat sowat 45 000 mense en Osona Village bedien, te verlig. Gaseb vra egter dat 'n vierwielaangedrewe ambulans ook beskikbaar gestel word om bergagtige gebiede en afgeleë nedersettings te bereik waar gewone ambulanse sukkel om op grondpaaie te ry.

