MTC kry erkenning vir korporatiewe verslagdoening

Loading player...
MTC het erkenning ontvang vir sy korporatiewe verslagdoening en as naaswenner in die streekskategorie by die 2026 Chartered Governance Institute of Southern Africa se Geïntegreerde Verslagdoeningstoekennings in Johannesburg geëindig. Die toekennings beoordeel maatskappye se verslagdoening oor onder meer finansiële prestasie, risikobestuur en korporatiewe bestuur. MTC-woordvoerder Erasmus Nekundi het met Kosmos 94.1 Nuus oor dié prestasie gesels.
23 Nov 9AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ferrari-spanhoof kritiseer Leclerc na botsing met Hamilton

Motorsport: Ferrari se spanhoof, Fred Vasseur, het Charles Leclerc beskuldig van 'n gebrek aan respek na sy jongste botsing met sy spanmaat, Lewis Hamilton, in gister se Grand Prix in Las Vegas. Hy het Hamilton se motor getref toe hy hom probeer verbysteek het in 'n stryd om sesde plek…
23 Nov 10AM 1 min

Okahandja-aktivis vra vir vir 4x4-ambulans

Okahandja-aktivis Gerub Gaseb het die nuwe, toegeruste ambulans by die Okahandja-staatshospitaal verwelkom. Hy het streeksraadslid Bethuel Tjaveondja geloof vir sy bydrae om een van die regering se 19 nuwe ambulanse vir die distrik te bekom. Die nuwe ambulans sal help om druk op gesondheidsdienste in die distrik, wat sowat 45…
23 Nov 10AM 1 min

Publiek aangespoor om Nasionale Raad-sittings by te woon

Die Nasionale Raad se voorsitter, Lukas Muha, moedig die publiek aan om raadsittings by te woon en debatte vanaf die openbare galery te volg, midde lae openbare bywoning. Tydens die opening van die derde gewone sessie van die sewende Nasionale Raad het hy beklemtoon dat sittings oop is vir die…
23 Nov 9AM 1 min

Atoomenergie-beheerraad mik na kerntegnologie-uitbreiding

Die voorsitter van die Atoomenergie-beheerraad, Shitaleni Herman, sê die regering se nuwe Kernnywerheidstrategie is daarop gemik om die land se rol in die kernbrandstofsiklus uit te brei. Meer waarde moet ook plaaslik toegevoeg word, eerder as dat rou uraan bloot uitgevoer word. Ná 'n voorlegging van die strategie aan president…
23 Nov 9AM 1 min