
Atoomenergie-beheerraad mik na kerntegnologie-uitbreiding
Loading player...
Die voorsitter van die Atoomenergie-beheerraad, Shitaleni Herman, sê die regering se nuwe Kernnywerheidstrategie is daarop gemik om die land se rol in die kernbrandstofsiklus uit te brei. Meer waarde moet ook plaaslik toegevoeg word, eerder as dat rou uraan bloot uitgevoer word. Ná 'n voorlegging van die strategie aan president Netumbo Nandi-Ndaitwah, het Herman gesê die plan fokus ook daarop om kerntegnologie se toepassings buite medisyne uit te brei. Die raad ondersoek nou moontlike projekte om die sektor se bydrae tot die ekonomie te vergroot.

