Woord vir Vandag - 21 Des 2026

Loading player...
“…Jy mag tot hier kom, en nie verder nie…” Job 38:11 NLV
Leer om grense te stel
Net soos God grense vir die oseane vasgestel het sodat die getye net tot ‘n sekere punt inkom, moet jy perke aan die mense om jou se gedrag stel. Wanneer jy nie jou grense duidelik maak nie, is dit onduidelik watter tipe gedrag jy sal aanvaar. Mense rondom jou word dan oorgelaat om namens jou op grond van hul eie voorkeure, gerief en neigings, te besluit. God het jou ‘n rentmeester oor drie sleutelareas van jou lewe gemaak, waar die lyne van interaksie vaag sal word as jy dit nie duidelik definieer nie: jou tyd, jou talent en jou skat. Dit is belangrik om duidelike grense in hierdie drie areas te stel. Soos jy meer vertroue kry om jou persoonlike grense vas te stel, moet jy ook ‘n stap verder gaan en die gevolge wat jy bereid is om te implementeer wanneer iemand dit oortree, duidelik maak. Dit klink dalk ‘n bietjie oordrewe, maar grense sonder gevolge is slegs wense. Wense sal niemand se gedrag teenoor jou verander nie. Dit is hartseer om ouers te sien wat voortdurend dreig om hul kinders vir eiesinnige gedrag te straf, maar dit nooit deurvoer nie. Sommige mense wat glo dat genade vir ewig moet duur, beskou dit as goddeloos om grense te stel en gevolge op te lê. God doen dit egter! Hier is twee voorbeelde daarvan: 1) ‘…Luister na My, maak groot erns daarmee. Julle moet my Naam eer! As julle dit nie doen nie, sal Ek ‘n vloek oor julle bring. Selfs julle voorspoed sal Ek verander in ‘n vloek…’ (Maleagi 2:2 NLV). 2) ‘Maar as julle weier om die mense te vergewe, sal julle Vader julle ook nie julle oortredings vergewe nie’ (Matteus 6:15 NLV). Die woord vir jou vandag is dus - leer om grense te stel.
18 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Dec 2026

“[Love] keeps no record of wrongs.” 1 Corinthians 13:5 NIV This year, forgive yourself The Greek word translated as “no record” is logizomai. It means not to “count” the wrongs of a loved one. It’s to do for that person what God does for you, namely, choose not to recognize…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 31 Des 2026

“[Die liefde]…hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie.” 1 Korintiërs 13:5 NLV Vergewe jouself hierdie jaar Die Griekse woord wat in hierdie vers vertaal word, is logizomai. Dit beteken om nie die foute van ‘n geliefde te ‘tel’ nie. Dit is om vir daardie persoon te…
18 Nov 2 min

Word for Today - 30 Dec 2026

“You are snared by the words of your mouth.” Proverbs 6:2 NKJV Stop stress-speak Do you realize how often you program yourself for stress by the words you use to describe simple activities that don’t necessarily need to be done quickly? It’s called “stress-speak”! Instead, begin to look for alternative…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Des 2026

“as jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ‘n strik gestel het” Spreuke 6:2 NLV Hou op om ‘stres-praatjies’ te maak Besef jy hoe gereeld jy jouself deur die woorde wat jy gebruik om eenvoudige aktiwiteite te beskryf, wat nie noodwendig vinnig gedoen hoef te word nie, laat…
18 Nov 2 min

Word for Today - 29 Dec 2029

“Approve the things that are excellent.” Philippians 1:10 NKJV Pursue excellence A number of years ago, an insurance company ran an advertisement that said: “There was once a man who loved nature with such a deep and moving love that she told him one of her secrets. She gave him…
18 Nov 1 min