Woord vir Vandag - 20 Des 2026

Loading player...
“Die pad van die regverdiges… word al helderder totdat die volle dag aanbreek.” Spreuke 4:18 NLV
Progressiewe gee
Kom ons praat oor progressiewe gee. Solank jy op hierdie aarde leef, is God se voorneme dat jou geloof moet aanhou groei. ‘Die pad van die regverdiges… word al helderder totdat die volle dag aanbreek.’ God se agenda is dat jy geleidelik verander word om soos Christus te lyk (sien 2 Korintiërs 3:18). Dit is die aard van geloof. Die vordering daarvan is bestendig en die teiken daarvan is om soos Christus te word. Wanneer dit by jou finansies kom, moet jy ook daar in geloof groei. Jy kan egter nie as ‘n gewer groei as jy nie ook die hoeveelheid wat jy gee verhoog nie. As jy al twintig jaar lank jou tiende gee en nog nooit jou persentasie van gee verhoog het nie, kan jy sê jy het werklik gegroei? Ja, jy was getrou en dis wonderlik. Jou geloof moet egter van tyd tot tyd gestrek word sodat dit kan groei. Dit beteken om die persentasie wat jy aan God, die eienaar van jou finansies toevertrou, progressief te verhoog. Wanneer jy vir die eerste keer jou tiende gee, is dit ‘n geestelike ervaring. Jy kan skaars glo dat jy vrywillig iets met jou geld doen wat teenstrydig met die normale ekonomie is. Die opwinding om God te eer, terwyl jy Hom ook vertrou om namens jou in te gryp, maak dit egter onweerstaanbaar. Dis opwindend, want jy ontmoet God daardeur. Na ‘n rukkie is dit maklik om jou tiende te gee. Dit word tweede natuur, soos ‘n refleks wat jy skaars meer opmerk. Gee moet egter altyd ‘n opwindende, geestelike, noue-ontmoeting-met-God-ervaring wees. As dit dus ‘n alledaagse roetine geword het, is dit dalk tyd om jou finansiële geloof ‘n bietjie te strek. Dis waaroor ‘n groeiende geloof gaan.
18 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Dec 2026

“[Love] keeps no record of wrongs.” 1 Corinthians 13:5 NIV This year, forgive yourself The Greek word translated as “no record” is logizomai. It means not to “count” the wrongs of a loved one. It’s to do for that person what God does for you, namely, choose not to recognize…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 31 Des 2026

“[Die liefde]…hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie.” 1 Korintiërs 13:5 NLV Vergewe jouself hierdie jaar Die Griekse woord wat in hierdie vers vertaal word, is logizomai. Dit beteken om nie die foute van ‘n geliefde te ‘tel’ nie. Dit is om vir daardie persoon te…
18 Nov 2 min

Word for Today - 30 Dec 2026

“You are snared by the words of your mouth.” Proverbs 6:2 NKJV Stop stress-speak Do you realize how often you program yourself for stress by the words you use to describe simple activities that don’t necessarily need to be done quickly? It’s called “stress-speak”! Instead, begin to look for alternative…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Des 2026

“as jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ‘n strik gestel het” Spreuke 6:2 NLV Hou op om ‘stres-praatjies’ te maak Besef jy hoe gereeld jy jouself deur die woorde wat jy gebruik om eenvoudige aktiwiteite te beskryf, wat nie noodwendig vinnig gedoen hoef te word nie, laat…
18 Nov 2 min

Word for Today - 29 Dec 2029

“Approve the things that are excellent.” Philippians 1:10 NKJV Pursue excellence A number of years ago, an insurance company ran an advertisement that said: “There was once a man who loved nature with such a deep and moving love that she told him one of her secrets. She gave him…
18 Nov 1 min