Woord vir Vandag - 19 Des 2026

Loading player...
“As ons natuurlike geneigdheid eers bevrug geraak het, is sonde die babatjie wat gebore word. En as hierdie babatjie kans kry om volwasse te word, gee dit geboorte aan die dood.” Jakobus 1:15 NLV
Versoeking: die wortel, loot en vrug
Die wortel van versoeking is ‘n sondige begeerte, die loot is ‘n sondige besluit en die vrug is ‘n versekerde nederlaag. Kom ons kyk na elkeen. 1) Die wortel. Die woord begeerte verwys na ‘n sterk drang, ‘n hunkering van die siel. Wanneer jy iets begin begeer wat buite God se grense is, vind bevrugting plaas en skiet sonde wortel. Sonde begin groei en bars uiteindelik oop. As jy dit nie dadelik uitroei nie, sal daardie begeerte, soos ‘n onkruid, uiteindelik vrugte in jou lewe dra. Daarom moet jy vinnig bid: ‘Here, ek verwerp hierdie verkeerde gedagte in Jesus se Naam en onderwerp my ten volle aan U.’ Reik dan uit na jou Bybel en neem God se Woord in. ‘Ek het u woord in my hart gebêre sodat ek nie teen U sou sondig nie’ (Psalm 119:11 NLV). 2) Die loot. As dit alleen gelaat word, sal die wortel van selfsugtige begeerte onvermydelik vir die loot van ‘n sondige besluit plek maak. ‘As ons natuurlike geneigdheid eers bevrug geraak het, is sonde die babatjie wat gebore word…’ Die Griekse frase vergelyk dit met ‘n kind in die moeder se baarmoeder voordat hy of sy hul verskyning in die wêreld maak. Die bose begeerte kan nie verborge bly nie, net so min as wat ‘n kind onbepaald in die baarmoeder kan bly. Daardie begeerte sal verseker ‘geboorte gee.’ 3) Die vrug. Die Bybel sê dat sonde die dood meebring. Behalwe die dood en ewige skeiding van God, kan dit ook die dood van drome, verhoudings, ambisies, reputasies, geleenthede en soveel ander goed beteken. Weerstaan dus versoeking: die wortel, die loot en die vrug.
18 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Dec 2026

“[Love] keeps no record of wrongs.” 1 Corinthians 13:5 NIV This year, forgive yourself The Greek word translated as “no record” is logizomai. It means not to “count” the wrongs of a loved one. It’s to do for that person what God does for you, namely, choose not to recognize…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 31 Des 2026

“[Die liefde]…hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie.” 1 Korintiërs 13:5 NLV Vergewe jouself hierdie jaar Die Griekse woord wat in hierdie vers vertaal word, is logizomai. Dit beteken om nie die foute van ‘n geliefde te ‘tel’ nie. Dit is om vir daardie persoon te…
18 Nov 2 min

Word for Today - 30 Dec 2026

“You are snared by the words of your mouth.” Proverbs 6:2 NKJV Stop stress-speak Do you realize how often you program yourself for stress by the words you use to describe simple activities that don’t necessarily need to be done quickly? It’s called “stress-speak”! Instead, begin to look for alternative…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Des 2026

“as jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ‘n strik gestel het” Spreuke 6:2 NLV Hou op om ‘stres-praatjies’ te maak Besef jy hoe gereeld jy jouself deur die woorde wat jy gebruik om eenvoudige aktiwiteite te beskryf, wat nie noodwendig vinnig gedoen hoef te word nie, laat…
18 Nov 2 min

Word for Today - 29 Dec 2029

“Approve the things that are excellent.” Philippians 1:10 NKJV Pursue excellence A number of years ago, an insurance company ran an advertisement that said: “There was once a man who loved nature with such a deep and moving love that she told him one of her secrets. She gave him…
18 Nov 1 min