Woord vir Vandag - 18 Des 2026

Loading player...
“Die Here bepaal die rigting van ‘n mens, en met sý lewe is Hy tevrede.” Psalm 37:23 NLV
Laat God jou treë rig
Hoe lei God ons? Een tree op ‘n slag. Daar is niks te groot of te klein om Hom nie mee te vertrou nie. Die Christelike lewe is ‘n reis en die Heilige Gees is ons gids. Hy lei ons altyd na wat die beste vir ons lewens is. Die sleutel tot ‘n suksesvolle en aangename reis is om Hom te volg. Baie keer raak ons ongeduldig en jaag ons voor God uit. Ons dink ons weet wat die beste rigting is om te neem, of ons raak rusteloos met sy tydsberekening en kies ‘n verkeerde afdraaipad omdat dit vinniger lyk. Die slegte nuus is dat wanneer die pad waarop ons is na ‘n doodloopstraat lei, ons moet teruggaan na waar ons van koers af geraak het. Die goeie nuus is dat God daar vir ons wag om weer die leiding te neem en vir ons die regte pad te wys. Die Here het elkeen van ons reise perfek beplan. Ons moet ten volle verstaan dat Hy ons liefhet, dat Hy goed is en dat ons Hom kan vertrou. ‘Die Here is goed. In tye van nood is Hy ‘n veilige vesting. Hy ken elke mens wat op Hom vertrou’ (Nahum 1:7 NLV). Ons kan Hom vertrou om ons in die regte rigting te lei, om ons tereg te wys wanneer ons afdwaal en om ons terug te lei na die regte plek. Ons hoef net die Heilige Gees se leiding te volg, want Hy ken die weg en Hy sal altyd by ons bly. Bid vandag die volgende: ‘Vader, lei asseblief elke tree wat ek vandag gee en wees teenwoordig in elke aspek van my lewe.’
18 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Dec 2026

“[Love] keeps no record of wrongs.” 1 Corinthians 13:5 NIV This year, forgive yourself The Greek word translated as “no record” is logizomai. It means not to “count” the wrongs of a loved one. It’s to do for that person what God does for you, namely, choose not to recognize…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 31 Des 2026

“[Die liefde]…hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie.” 1 Korintiërs 13:5 NLV Vergewe jouself hierdie jaar Die Griekse woord wat in hierdie vers vertaal word, is logizomai. Dit beteken om nie die foute van ‘n geliefde te ‘tel’ nie. Dit is om vir daardie persoon te…
18 Nov 2 min

Word for Today - 30 Dec 2026

“You are snared by the words of your mouth.” Proverbs 6:2 NKJV Stop stress-speak Do you realize how often you program yourself for stress by the words you use to describe simple activities that don’t necessarily need to be done quickly? It’s called “stress-speak”! Instead, begin to look for alternative…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Des 2026

“as jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ‘n strik gestel het” Spreuke 6:2 NLV Hou op om ‘stres-praatjies’ te maak Besef jy hoe gereeld jy jouself deur die woorde wat jy gebruik om eenvoudige aktiwiteite te beskryf, wat nie noodwendig vinnig gedoen hoef te word nie, laat…
18 Nov 2 min

Word for Today - 29 Dec 2029

“Approve the things that are excellent.” Philippians 1:10 NKJV Pursue excellence A number of years ago, an insurance company ran an advertisement that said: “There was once a man who loved nature with such a deep and moving love that she told him one of her secrets. She gave him…
18 Nov 1 min