Woord vir Vandag - 17 Des 2026

Loading player...
“Tog is ons ten spyte van al hierdie dinge besig om ‘n superoorwinning te behaal…” Romeine 8:37 NKL
Jy is ‘n superoorwinnaar
Miskien veg jy teen kanker, gaan jy deur ‘n egskeiding, of verdrink jy in skuld. Wanneer jy ‘n terugslag ervaar, gee jy dalk ‘n tree terug, maar God berei reeds jou terugkeer voor. Dit was die terugslag aan die kruis wat die grootste terugkeer in die menslike geskiedenis tot gevolg gehad het: die opstanding van Christus. Daar is geen verslawing so sterk dat God se krag jou nie daarvan kan verlos nie, geen mislukking so finaal dat God se genade jou nie kan vergewe nie en geen wond so diep dat God se liefde jou nie kan genees nie. Maak nie saak hoe erg dit tans is nie, sy genade is genoeg (sien 2 Korintiërs 12:9). Dit maak ook nie saak hoe goed dinge tans is nie, die beste lê nog voor. Nog nooit was die beproewinge meer teen iemand opgestapel as die dag toe Christus verraai, gearresteer, gegesel en gekruisig is nie. Jesus het egter oorwin en omdat ons ‘in Christus’ is, maak dit ons oorwinnaars! Hy vergelyk ons met ‘n ring. ‘Die dag wanneer dit gebeur, sê die magtige Here, sal Ek jou vereer, Serubbabel, my dienskneg. Ek sal jou beskou soos ‘n seëlring aan my vinger, sê die Here. Ek sal dit doen omdat Ek jou gekies het…’ (Haggai 2:23 NLV). ‘n Seëlring was die koning se amptelike seël, wat sy koninklike gesag gesimboliseer het. Dis jy. Jy is God se seëlring. Om jouself nie as ‘n superoorwinnaar te beskou nie, is valse nederigheid. Trots is om iets oor jouself te glo wat nie waar is nie. Valse nederigheid is om iets wat waar is oor jouself, nie te glo nie. Die waarheid is egter: jy is ‘n superoorwinnaar!
18 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Dec 2026

“[Love] keeps no record of wrongs.” 1 Corinthians 13:5 NIV This year, forgive yourself The Greek word translated as “no record” is logizomai. It means not to “count” the wrongs of a loved one. It’s to do for that person what God does for you, namely, choose not to recognize…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 31 Des 2026

“[Die liefde]…hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie.” 1 Korintiërs 13:5 NLV Vergewe jouself hierdie jaar Die Griekse woord wat in hierdie vers vertaal word, is logizomai. Dit beteken om nie die foute van ‘n geliefde te ‘tel’ nie. Dit is om vir daardie persoon te…
18 Nov 2 min

Word for Today - 30 Dec 2026

“You are snared by the words of your mouth.” Proverbs 6:2 NKJV Stop stress-speak Do you realize how often you program yourself for stress by the words you use to describe simple activities that don’t necessarily need to be done quickly? It’s called “stress-speak”! Instead, begin to look for alternative…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Des 2026

“as jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ‘n strik gestel het” Spreuke 6:2 NLV Hou op om ‘stres-praatjies’ te maak Besef jy hoe gereeld jy jouself deur die woorde wat jy gebruik om eenvoudige aktiwiteite te beskryf, wat nie noodwendig vinnig gedoen hoef te word nie, laat…
18 Nov 2 min

Word for Today - 29 Dec 2029

“Approve the things that are excellent.” Philippians 1:10 NKJV Pursue excellence A number of years ago, an insurance company ran an advertisement that said: “There was once a man who loved nature with such a deep and moving love that she told him one of her secrets. She gave him…
18 Nov 1 min