Woord vir Vandag - 16 Des 2026

Loading player...
“…Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word…” Habakuk 2:3 NLV
Hou vol, en jou visie sal vervul word
Grace Hopper is met ‘n begeerte om te ontdek hoe dinge werk, gebore. Op sewejarige ouderdom het haar nuuskierigheid haar daartoe gelei om elke horlosie in haar ouerhuis uitmekaar te haal! Sy het uiteindelik ‘n doktorsgraad in wiskunde aan Yale Universiteit behaal. Tydens die Tweede Wêreldoorlog het sy by die vloot aangesluit en is sy aan ‘n projek by Harvard Universiteit toegewys. Daar het sy ‘Harvard Mark I,’ die eerste funksionele digitale rekenaarmasjien, teëgekom. Weer eens het sy begin uitpluis hoe die 750 000 onderdele en 800 kilometer drade werk! Terwyl die meeste kenners geglo het dat rekenaars te ingewikkeld en duur was om te gebruik vir enigiemand behalwe hoogs opgeleide wetenskaplikes, het sy haar eie idee gehad: om dit makliker te maak, sodat meer mense dit kon gebruik. So laat as 1963 het elke groot rekenaar sy eie meestertaal gehad. Grace het ‘n voorstander vir universeel aanvaarde stelsels geword. Sy het die vermetelheid gehad om ‘n dag te visualiseer wanneer rekenaars klein genoeg sou wees om op ‘n lessenaar te staan, kragtiger as Harvard Mark I sou wees en in kantore, skole en by die huis gebruik sou word. Nadat sy die rang van admiraal bereik het, het sy op nege-en-sewentigjarige ouderdom uit die vloot afgetree. Boonop het sy geleef om te sien hoe haar droom van persoonlike rekenaars waar word. Glo jy dat God jou ‘n droom of visie gegee het om te verwesenlik? Al ondervind jy struikelblokke en teenstand, hou daarby en staan op hierdie Skrifgedeelte: ‘…Stadig maar seker breek die tyd aan wanneer die visioen waar sal word. Wag geduldig, al voel dit of dit stadig gaan. Wees seker dit gaan gebeur, dit sal nie onnodig talm nie.’ Hou dus vol, en jou visie sal vervul word!
18 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Dec 2026

“[Love] keeps no record of wrongs.” 1 Corinthians 13:5 NIV This year, forgive yourself The Greek word translated as “no record” is logizomai. It means not to “count” the wrongs of a loved one. It’s to do for that person what God does for you, namely, choose not to recognize…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 31 Des 2026

“[Die liefde]…hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie.” 1 Korintiërs 13:5 NLV Vergewe jouself hierdie jaar Die Griekse woord wat in hierdie vers vertaal word, is logizomai. Dit beteken om nie die foute van ‘n geliefde te ‘tel’ nie. Dit is om vir daardie persoon te…
18 Nov 2 min

Word for Today - 30 Dec 2026

“You are snared by the words of your mouth.” Proverbs 6:2 NKJV Stop stress-speak Do you realize how often you program yourself for stress by the words you use to describe simple activities that don’t necessarily need to be done quickly? It’s called “stress-speak”! Instead, begin to look for alternative…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Des 2026

“as jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ‘n strik gestel het” Spreuke 6:2 NLV Hou op om ‘stres-praatjies’ te maak Besef jy hoe gereeld jy jouself deur die woorde wat jy gebruik om eenvoudige aktiwiteite te beskryf, wat nie noodwendig vinnig gedoen hoef te word nie, laat…
18 Nov 2 min

Word for Today - 29 Dec 2029

“Approve the things that are excellent.” Philippians 1:10 NKJV Pursue excellence A number of years ago, an insurance company ran an advertisement that said: “There was once a man who loved nature with such a deep and moving love that she told him one of her secrets. She gave him…
18 Nov 1 min