Woord vir Vandag - 15 Des 2026
Loading player...
“...Dit is meer geseënd om te gee as om te ontvang.” Handelinge 20:35 NLV
God seën mense wat gee
Op 53-jarige ouderdom het John D. Rockefeller ongeveer ‘n miljoen dollar per week verdien. Ongelukkig het hy maagprobleme gehad en moes hy op ‘n vervelige dieet van melk en beskuitjies oorleef. Slaap het hom ontwyk, omdat hy hom voortdurend oor sy geld bekommer het. Salomo het gesê: ‘…Party mense gaar besittings op tot hulle eie ellende’ (Prediker 5:12 NLV). Dit het gelyk of Rockefeller se dae getel was. Toe ontdek hy egter een van die Bybel se geheime tot sukses: ‘Hy wat iets gee vir ‘n arm mens, sal self nooit iets kortkom nie…’ (Spreuke 28:27 NLV). Dus het hy begin om sy geld op die behoeftiges uit te stort. Op sy beurt het God gesondheid in sy liggaam uitgestort. Sy gesondheid het dramaties verbeter en hy het tot die rype ouderdom van agt-en-negentig jaar geleef. Die Bybel sê: ‘as jy jouself opoffer ter wille van dié wat verdruk word en voorsien in hulle behoeftes, dan sal jou lig skyn in die donkerte en jou nag sal word soos helder dag. Die Here sal jou altyd lei. Selfs in tye van droogte sal Hy voorsien in jou behoeftes. Hy sal jou gesond en sterk hou…’ (Jesaja 58:10-11 NLV). Hou altyd in gedagte dat jou naam dalk op die huisakte of die bankrekening staan, maar dat God alles besit. Hy vertrou bloot geld wat jy tot sy eer moet bestuur, aan jou toe. Wanneer Hy dus jou hart beweeg om vir iemand in nood of vir ‘n waardige saak te gee, reageer vinnig. God beloon gehoorsaamheid. Hy het vir sy mense gesê: ‘Wees versigtig om al die gebooie te gehoorsaam sodat dit altyd goed mag gaan met jou en jou kinders omdat julle doen wat reg is vir die Here jou God’ (Deuteronomium 12:28 NLV).