Woord vir Vandag - 14 Des 2026
Loading player...
“…In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.” Johannes 16:33 NLV
‘Skep moed’
Dr Ashley Montagu het kort na die einde van die Tweede Wêreldoorlog twee jong mans ontmoet. Hulle het twee jaar in Auschwitz, die wrede doodskamp wat deur die Nazi's bedryf is, deurgebring. Voor hulle Auschwitz toe gestuur is, het hulle in Wene in ‘n kelder gewoon waar hulle deur Christenvriende weggesteek is. Al die ander mense wat daar saam met hulle gehuisves is, is uitgemoor omdat hulle Jode was. Na die einde van die oorlog het hierdie twee mans van Wene na Berlyn gereis in die hoop om hul familie daar te vind. Hulle is deur ‘n Amerikaanse Joodse soldaat opgelaai, wat hulle na Amerika gebring het. Albei wou dokters word, dus het dr Montagu, ‘n professor by ‘n mediese skool, hulle te woord gestaan. Hy het opgemerk dat hulle geen van die letsels wat ‘n mens van hul ongelukkige bestaan sou verwag getoon het nie, dus het hy vir hulle gevra hoe hulle sulke vrolike mense geword het. Hulle het geantwoord: ‘’n Groep van ons het besluit dat wat ook al gebeur, ons nie sou toelaat dat dit ons sou onderkry nie.’ Hulle het hom vertel dat hulle probeer het om ongeag hul omstandighede vrolik te wees, en nie vir ‘n oomblik aan die idee dat hulle óf minderwaardig óf verdoem was, toegegee het nie. Dr Montagu het gesê: ‘Hulle is ‘n lewende bewys daarvan dat dit selfs onder onmoontlike omstandighede moontlik is om gelukkig te wees.’ Salomo het gesê: ‘’n Vrolike mens is soos goeie medisyne. ‘n Neerslagtige mens tap jou krag’ (Spreuke 17:22 NLV). Jesus het gesê: ‘…In die wêreld sal julle swaarkry beleef, maar skep moed: Ek het die wêreld reeds oorwin.’ Die woord vir jou vandag is dus: ‘Skep moed.’