Woord vir Vandag - 13 Des 2026
Loading player...
“…Hy het ons in ons verhouding met Jesus Christus só gemaak dat ons die goeie werke… kan uitlewe.” Efesiërs 2:10 NLV
Die geloof-teenoor-werke debat (2)
Nadat hy ‘n valse geloof beskryf het, het Jakobus dit as volg geïllustreer. Hy het die prentjie van iemand wat kos en klere nodig het geskets. ‘n Persoon wat beweer dat hy geloof het, het sy hand op die persoon se skouer gesit en gesê: ‘Lekker dag. Wees versigtig daar buite en probeer warm bly. Ek hoop jy kry iets om te eet. Mag jy geseën word.’ Toe skryf Jakobus: ‘…Jou geloof bly onsigbaar as dit nie dade word nie. Juis uit my dade sal ek jou my geloof wys’ (Jakobus 2:18 NLV). Hier word die kollig op diegene wat blykbaar woorde bo werke kies, geplaas. Hulle het egter geen impak op die wêreld rondom hulle nie, want hulle geloof dra nie vrugte nie. Indien jy gearresteer sou word omdat jy ‘n Christen is, sou daar genoeg bewyse wees om jou skuldig te bevind? Sou enigiemand namens jou kon getuig en sê: ‘Want toe Ek honger was, het julle vir My kos gegee; toe Ek dors was, het julle vir My iets gegee om te drink; toe Ek ‘n hawelose vreemdeling was, het julle My in julle huise ontvang; toe Ek niks gehad het om aan te trek nie, het julle vir My klere gegee; toe Ek siek was, het julle na My omgesien; toe Ek in die tronk was, het julle my opgesoek’ (Matteus 25:35-36 NLV)? In die antieke wêreld het iemand ‘n spieël onder iemand wat leweloos gelyk het, se neus gehou. As die spieël toegewasem het, was daar steeds lewe in die liggaam, al het die persoon skaars asemgehaal. Jakobus neem dus die spieël van God se Woord en hou dit onder jou neus. Haal jou geloof asem? Bring dit werke van geloof voort? Indien wel, is God tevrede met jou.