Woord vir Vandag - 12 Des 2026
Loading player...
“...Geloof wat nie dade word nie... is dood en help niks.” Jakobus 2:17 NLV
Die geloof-teenoor-werke debat (2)
Die apostel Jakobus het aan Christene geskryf wat deur vervolging oor die wêreld versprei is (sien Jakobus 1:1). Hy het vir hulle gesê: ‘Sê nou jy sien ‘n Christenbroer of suster wat kos en klere nodig het, en jy sê: ‘Ek hoop dit gaan goed met jou; sorg dat jy warm aantrek en genoeg eet,’ maar jy gee nie vir daardie persoon kos of klere nie. Wat help dit dan? Dis duidelik: Om net te sê jy glo, is nie genoeg nie. Geloof wat nie dade word nie, is eintlik glad nie geloof nie – sulke geloof is dood en help niks’ (Jakobus 2:15-17 NLV). Let goed op dat Jakobus nie verwys het na iemand wat geloof het nie, maar na iemand wat slegs sê dat hulle geloof het (sien vers 14 NLV). Kan so ‘n tipe geloof, ‘n valse geloof, iemand dan red? Dis waar die verwarring inkom. Jakobus het beslis nie gesê dat geloof nie ‘n persoon kan red nie, maar dat geloof wat slegs deur leë woorde gekenmerk word en geen vrugte dra nie, op die ou einde valse geloof is. Die enigste manier om te weet of geloof eg is, is deur na die vrugte daarvan te kyk. Dit beteken nie dat ons selfaangestelde inspekteurs moet word wat vrugte ondersoek en oordeel oor ander vel nie. Jesus het gewaarsku: ‘Hou op om ‘n oordeel oor ander uit te spreek. Dan sal God ook nie ‘n oordeel oor julle uitspreek nie’ (Matteus 7:1 NLV). Martin Luther het gesê: ‘Ons word alleenlik deur geloof gered, maar die geloof wat red, is nooit alleen nie.’