Woord vir Vandag - 11 Des 2026

Loading player...
“…wat help dit as ‘n mens sê jy het geloof, maar jou lewe wys dit nie?..” Jakobus 2:14 NLV
Die geloof-teenoor-werke debat (1)
Ons ewige verlossing berus geheel en al op God se genade en onverdiende guns wat ons ons deur ons geloof in die voltooide werk van Christus kan toeëien. Dit is ‘n gratis geskenk van God aan almal wat daarvoor vra. Die Bybel sê ook dat reddende geloof goeie werke sal voortbring. Hoe kan die lewende Christus immers in jou woon en geen verskil in die manier waarop jy dink en optree maak nie? Die hele ‘geloof-teenoor-werke’-debat vind plaas omdat sommige van ons sukkel om onderskeid tussen die vereiste vir ware verlossing en die resultaat van ware verlossing te tref. Goeie werke is nooit ‘n vereiste vir verlossing nie, maar dit is beslis die resultaat. Mense wat van die dood na die lewe en van die duisternis na die lig oorgegaan het, wie se sondes vergewe is en nuwe skeppings in Christus geword het, kan nie anders as om die wêreld anders te sien en dienooreenkomstig te reageer nie. In die ‘geloof-teenoor-werke’-debat is mense geneig om na die uiterstes te kyk. Sommige beklemtoon die geloofsaspek oormatig, terwyl hulle die feit dat dit tot goeie werke moet lei, heeltemal verwaarloos. Die aanhangers van die idee dat jou werke tot jou verlossing moet lei, dink dat dit ‘n manier is om die ewige lewe te verdien. Verlossing gaan egter nie oor geloof of werke nie; dit gaan oor ‘n geloof wat werk! As jy hierdie eenvoudige sin kan begryp, sal jy die kern van die hele saak verstaan. Vandag se kerk het dringend ‘n geloof wat werk nodig – ‘n geloof wat vrugte dra. Geloof wat immers geen vrugte dra nie, is ‘n valse geloof, ‘n futiele geloof, en erger nog, ‘n noodlottige geloof.
18 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Dec 2026

“[Love] keeps no record of wrongs.” 1 Corinthians 13:5 NIV This year, forgive yourself The Greek word translated as “no record” is logizomai. It means not to “count” the wrongs of a loved one. It’s to do for that person what God does for you, namely, choose not to recognize…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 31 Des 2026

“[Die liefde]…hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie.” 1 Korintiërs 13:5 NLV Vergewe jouself hierdie jaar Die Griekse woord wat in hierdie vers vertaal word, is logizomai. Dit beteken om nie die foute van ‘n geliefde te ‘tel’ nie. Dit is om vir daardie persoon te…
18 Nov 2 min

Word for Today - 30 Dec 2026

“You are snared by the words of your mouth.” Proverbs 6:2 NKJV Stop stress-speak Do you realize how often you program yourself for stress by the words you use to describe simple activities that don’t necessarily need to be done quickly? It’s called “stress-speak”! Instead, begin to look for alternative…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Des 2026

“as jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ‘n strik gestel het” Spreuke 6:2 NLV Hou op om ‘stres-praatjies’ te maak Besef jy hoe gereeld jy jouself deur die woorde wat jy gebruik om eenvoudige aktiwiteite te beskryf, wat nie noodwendig vinnig gedoen hoef te word nie, laat…
18 Nov 2 min

Word for Today - 29 Dec 2029

“Approve the things that are excellent.” Philippians 1:10 NKJV Pursue excellence A number of years ago, an insurance company ran an advertisement that said: “There was once a man who loved nature with such a deep and moving love that she told him one of her secrets. She gave him…
18 Nov 1 min