Woord vir Vandag - 10 Des 2026

Loading player...
“Die Here het omgedraai en Petrus stip aangekyk…” Lukas 22:61 NLV
Jesus is steeds lief vir jou
Die Bybel sê: ‘Ná ‘n tussenpouse van ongeveer ‘n uur het ‘n ander persoon ferm bevestig: ‘Dit staan vas, hierdie man was sowaar ook saam met hom…’ Petrus het geantwoord: ‘Man, ek het nie die vaagste benul waarvan jy praat nie!’ Eensklaps… het daar ‘n haan gekraai. Die Here het omgedraai en Petrus stip aangekyk… En hy het buitetoe gegaan en onbedaarlik gehuil’ (verse 59-62 NLV). Wanneer jy wil hê dat jou kinders die waarheid moet praat, sê jy vir hulle: ‘Kyk my in die oë,’ nie waar nie? Dit is omdat dit baie moeiliker is om so ‘n leuen te vertel! Oogkontak is kragtig. So het Jesus op hierdie kritieke oomblik oogkontak met Petrus gemaak. Petrus sou homself nie kon vergewe het as dit nie vir daardie kyk was nie. Dit was die kyk wat sy lewe verander het. Dit was ‘n kyk van volkome liefde en absolute vergifnis. Met een kyk het Jesus gesê: ‘Ek vergewe jou; Ek is lief vir jou - Ek is steeds aan jou kant.’ Dis ook hoe Jesus na jou kyk. Ons het die verkeerde idee dat God sy oog op ons om al die verkeerde redes hou - om ons te betrap dat ons iets verkeerd doen. God hou inderdaad sy alsiende oog op jou. Trouens, Hy neem nooit sy oë van jou af nie. Hy doen dit egter nie omdat Hy jou wil betrap dat jy iets verkeerd doen nie. Hy kan nie sy oë van jou afhaal nie, want jy is die appel van sy oog. Hy is te lief vir jou om weg te kyk! Die woord vir jou vandag is dus: Jesus is steeds lief vir jou.
18 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Dec 2026

“[Love] keeps no record of wrongs.” 1 Corinthians 13:5 NIV This year, forgive yourself The Greek word translated as “no record” is logizomai. It means not to “count” the wrongs of a loved one. It’s to do for that person what God does for you, namely, choose not to recognize…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 31 Des 2026

“[Die liefde]…hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie.” 1 Korintiërs 13:5 NLV Vergewe jouself hierdie jaar Die Griekse woord wat in hierdie vers vertaal word, is logizomai. Dit beteken om nie die foute van ‘n geliefde te ‘tel’ nie. Dit is om vir daardie persoon te…
18 Nov 2 min

Word for Today - 30 Dec 2026

“You are snared by the words of your mouth.” Proverbs 6:2 NKJV Stop stress-speak Do you realize how often you program yourself for stress by the words you use to describe simple activities that don’t necessarily need to be done quickly? It’s called “stress-speak”! Instead, begin to look for alternative…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Des 2026

“as jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ‘n strik gestel het” Spreuke 6:2 NLV Hou op om ‘stres-praatjies’ te maak Besef jy hoe gereeld jy jouself deur die woorde wat jy gebruik om eenvoudige aktiwiteite te beskryf, wat nie noodwendig vinnig gedoen hoef te word nie, laat…
18 Nov 2 min

Word for Today - 29 Dec 2029

“Approve the things that are excellent.” Philippians 1:10 NKJV Pursue excellence A number of years ago, an insurance company ran an advertisement that said: “There was once a man who loved nature with such a deep and moving love that she told him one of her secrets. She gave him…
18 Nov 1 min