Woord vir Vandag - 9 Des 2026
Loading player...
“Daarop sê Hy vir hulle: ‘Kom! Word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak.’” Matteus 4:19 NLV
Elkeen moet ‘n ander bring
‘n Chirurg wat op ‘n sendingsreis was, het in een van China se hospitale die sig van ‘n man wat amper deur katarakte verblind was, herstel. Tot sy groot verbasing het agt-en-veertig blinde mans ‘n paar weke later by die hospitaal opgedaag om genees te word. Verbasend genoeg het hierdie blinde mans meer as 250 myl van ‘n afgeleë gebied in China geloop om by die hospitaal uit te kom. Hulle het die reis aangepak deur almal aan een tou vas te hou. Hul gids en inspirasie was die blinde man wat genees is. Die Christelike evangelis, dr J. Wilbur Chapman, het die evangelies bestudeer en tot die gevolgtrekking gekom dat Jesus sowat veertig mense persoonlik en direk genees het. Vanuit hierdie getal is vier-en-dertig deur vriende of familielede na Hom of onder sy aandag gebring, of Jesus is deur hulle na die siek persoon toe geneem. Slegs ses van die veertig mense wat genees is, het self hul pad na Jesus gevind sonder dat iemand hulle gehelp het. Toe Jesus die eerste keer sy dissipels gewerf het, het Hy vir hulle gesê: ‘Kom! Word my dissipels, en Ek sal julle vissers van mense maak .’ Die Bybel sê van Andreas, Simon Petrus se broer: ‘Hy kry toe eers sy eie broer Simon, en sê vir hom: ‘Ons het die Messias… raakgeloop.’ Hy het Simon na Jesus toe geneem…’ (Johannes 1:41-42 NLV). Weer lees ons: ‘Op sy beurt loop Filippus vir Natanael raak en sê vir hom: ‘Ons het die persoon gevind oor wie Moses in die wet en die profete geskryf het. Dit is Jesus… wat van Nasaret af kom’’ (Johannes 1:45 NLV). Die woord vir jou vandag is dus: Moet nooit ‘n geleentheid laat verbygaan sonder om ander van Christus te vertel of hulle na die Here te lei nie.