Woord vir Vandag - 8 Des 2026

Loading player...
“Daniël het egter besluit dat hy nie homself met die koning se kos en drank gaan ontheilig nie…” Daniël 1:8 NLV
Leer om vir jouself te dink (5)
Daniël het ‘n topposisie in Babel se regering beklee. Hy het egter volgens ‘n ander stel oortuigings as diegene rondom hom geleef. Omdat hy nie hulle kos wou eet of hulle afgode wou aanbid nie, is hy in ‘n leeukuil gegooi. God het hom egter daaruit gebring en hom bevorder. Daniël het nie saam met die stroom geswem nie. As hy dit gedoen het, sou ons nie vandag sy naam steeds onthou het nie. Populêre denke is lief vir die status quo en klou daaraan vas met al sy mag. Gevolglik weerstaan dit verandering en verbeur dit groei en vooruitgang. Dit is veral die geval soos ons ouer word. Dit het al ons energie geneem om te kom waar ons in die lewe is, dus staan die idee van ‘beweeg’ of ‘verander’ ons nie aan soos ons ouer word nie. Dit hoef egter nie jou nalatenskap te wees nie. ‘Al is hulle oud, is hulle ‘n aanwins; hulle is vars en lewenskragtig’ (Psalm 92:15 NLV). Toe die Beloofde Land onder die twaalf stamme verdeel is, was Kaleb vyf-en-tagtig. Hy het egter nie daaraan gedink om af te tree en in ‘n wiegstoel sy dae deur te bring nie. Hy het aangekondig: ‘‘Ek is vandag nog net so sterk soos die dag toe Moses my uitgestuur het. Ek het steeds dieselfde krag as destyds. Ek kan nog al die tyd uitgaan om oorlog te maak en veilig terug te kom. Gee asseblief vir my die heuwelgebied waarvan die Here daardie dag gepraat het…’ Josua het hom geseën. Hy het vir Kaleb… Hebron gegee’ (Josua 14:11-13 NLV). ‘n Merker op ‘n graf op Berg Everest som dit mooi op: ‘Hy het gesterf terwyl hy geklim het.’ Laat dieselfde van jou gesê word!
18 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Dec 2026

“[Love] keeps no record of wrongs.” 1 Corinthians 13:5 NIV This year, forgive yourself The Greek word translated as “no record” is logizomai. It means not to “count” the wrongs of a loved one. It’s to do for that person what God does for you, namely, choose not to recognize…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 31 Des 2026

“[Die liefde]…hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie.” 1 Korintiërs 13:5 NLV Vergewe jouself hierdie jaar Die Griekse woord wat in hierdie vers vertaal word, is logizomai. Dit beteken om nie die foute van ‘n geliefde te ‘tel’ nie. Dit is om vir daardie persoon te…
18 Nov 2 min

Word for Today - 30 Dec 2026

“You are snared by the words of your mouth.” Proverbs 6:2 NKJV Stop stress-speak Do you realize how often you program yourself for stress by the words you use to describe simple activities that don’t necessarily need to be done quickly? It’s called “stress-speak”! Instead, begin to look for alternative…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Des 2026

“as jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ‘n strik gestel het” Spreuke 6:2 NLV Hou op om ‘stres-praatjies’ te maak Besef jy hoe gereeld jy jouself deur die woorde wat jy gebruik om eenvoudige aktiwiteite te beskryf, wat nie noodwendig vinnig gedoen hoef te word nie, laat…
18 Nov 2 min

Word for Today - 29 Dec 2029

“Approve the things that are excellent.” Philippians 1:10 NKJV Pursue excellence A number of years ago, an insurance company ran an advertisement that said: “There was once a man who loved nature with such a deep and moving love that she told him one of her secrets. She gave him…
18 Nov 1 min