Woord vir Vandag - 7 Des 2026
Loading player...
“En so het Jesus grootgeword en in wysheid toegeneem…” Lukas 2:52 NLV
Leer om vir jouself te dink (4)
Ons weet die volgende van die eerste dertig jaar van Jesus se lewe: Hy het geestelik en intellektueel, sowel as fisies, gegroei. Dink daaraan: Hy het dertig jaar lank vir ‘n bediening wat drie en ‘n half jaar sou duur, voorberei. Sy drie en ‘n half jaar het egter die wêreld verander! Die slotsom: Jesus was ‘n denker wat sy gedagtes in lyn met God s’n gebring het. As sy dissipel, word jy geroep om dieselfde te doen. Dis nie maklik nie en dit maak jou dalk nie gewild nie. Die meeste mense wil die pad van die minste weerstand volg. Of hulle vrees verwerping. Of hulle glo daar is wysheid daarin om te doen wat almal anders doen, of dat ander sekerlik reg moet wees omdat hulle boeke skryf en op televisie verskyn. As jy egter sukses wil behaal, moet jy weet wat God se Woord sê die waarheid is en wat dit sê die beste vir jou lewe is. Soos jy teen die grein van populêre denke begin dink, herinner jouself: 1) ongewilde denke word grootliks onderskat, nie erken nie en misverstaan, selfs wanneer dit tot sukses lei; 2) ongewilde denke bevat die saad van visie en geleentheid; en 3) ongewilde denke is nodig vir alle vooruitgang. Gewilde denke bring middelmatige resultate mee. Dit is die minste van die beste en die beste van die minste. Jy beperk jou sukses wanneer jy gewilde denkwyses blindelings volg. Dit is die minste hoeveelheid energie wat jy kan insit om vooruit te beweeg. As jy egter ongewone resultate wil behaal, moet jy populêre denke verwerp en deur die onveranderlike waarhede van God se Woord gelei word.