Woord vir Vandag - 6 Des 2026
Loading player...
“My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis…” Hosea 4:6 AFR83
Leer om vir jouself te dink (3)
Professor Benno Muller-Hill sê dat hy een oggend laaste in ‘n ry van leerlinge gestaan het. Sy fisika-onderwyser het ‘n teleskoop opgestel sodat elke leerling ‘n planeet en sy mane daardeur kon sien. Die eerste leerling het daardeur gekyk. Toe die onderwyser vra of hy enigiets kon sien, het die seun nee gesê; sy bysiendheid het sy uitsig belemmer. Die onderwyser het hom gewys hoe om die fokus aan te pas, en die seun het uiteindelik gesê hy kon die planeet en mane sien. Een vir een het die leerlinge na die teleskoop gestap en gesien wat hulle ‘veronderstel’ was om te sien. Uiteindelik het die tweede laaste leerling in die teleskoop gekyk en aangekondig dat hy niks kon sien nie. ‘Jou idioot,’ het die onderwyser geskree, ‘jy moet die lense aanpas om te fokus!’ Die leerling het weer probeer, maar uiteindelik het hy gesê: ‘Ek kan steeds niks sien nie. Dis alles swart.’ Die onderwyser het sy oë gerol en afgebuk om self deur die teleskoop te kyk, en toe met ‘n vreemde uitdrukking regop gekom. Die lensdop was steeds op die lens. Nie een van die leerlinge kon enigiets sien nie! Totdat Jesus gekom het, het almal gedink dat die Fariseërs die waarheid oor God en hoe die lewe geleef moet word, uitgepluis het. Jesus het egter gesê: ‘…Julle probleem is dat julle nie die Skrif ken nie. Julle besef ook nie hoe magtig God is nie’ (Markus 12:24 NLV). Hy het ook gesê: ‘en julle sal begryp wat die waarheid beteken, en die waarheid sal julle vrymaak’ (Johannes 8:32 NLV). Die enigste manier om te begryp wat die waarheid beteken, is deur intuïsie, ondersoek en toepassing. Dit is nie intellektuele kennis wat spruit uit iets wat jy gehoor het nie, maar intuïtiewe kennis wat met ervaring kom.