Woord vir Vandag - 5 Des 2026

Loading player...
“Net soos die mond goeie kos proe, so toets die oor die woorde wat dit hoor.” Job 12:11 NLV
Leer om vir jouself te dink (2)
John Maynard Keynes het gesê: ‘Die moeilikheid lê nie soseer in die ontwikkeling van nuwe idees, as in die afleer van oues nie.’ Om teen populêre denke te gaan kan moeilik wees, of jy nou ‘n sakeman is wat teen die maatskappy se tradisies bots, ‘n pastoor wat nuwe soorte musiek en bediening in die kerk wil bekendstel, ‘n moeder wat ouvroustories verwerp wat haar ouers haar geleer het, of ‘n tiener wat groepsdruk ignoreer. As jy gewildheid bo goeie denkwyses stel, sal jy jou potensiaal in die lewe ernstig beperk. John Maxwell sê populêre denke is: ‘Te gemiddeld om die waarde van goeie denke te verstaan. Te onbuigsaam om die impak van veranderde denke te besef. Te lui om die proses van doelbewuste denke te bemeester. Te klein om die wysheid van groot denke te sien. Te tevrede om die potensiaal van gefokusde denke te ontketen. Te tradisioneel om die vreugde van kreatiewe denke te ontdek. Te naïef om die belangrikheid van realistiese denke te erken. Te ongedissiplineerd om die krag van strategiese denke vry te stel. Te vlak om die aanvaarding van populêre denke te bevraagteken. Te trots om die deelname aan gedeelde denke aan te moedig. Te selfgesentreerd om die bevrediging van onselfsugtige denke te ervaar. Te ontoegewyd om die terugkeer na basiese denkwyses te geniet.’ Wees dus onderrigbaar en hou nooit op om vrae te vra nie. Die waarheid sal altyd eerlike ondersoek deurstaan. Die mense van Berea was sulke denkers: ‘…hulle het met groot belangstelling na Paulus se boodskap geluister. Hulle het elke dag die Skrifte ondersoek om te sien of dit is soos Paulus en Silas sê. Baie van hulle het gevolglik gelowig geword…’ (Handelinge 17:11-12 NLV).
18 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Dec 2026

“[Love] keeps no record of wrongs.” 1 Corinthians 13:5 NIV This year, forgive yourself The Greek word translated as “no record” is logizomai. It means not to “count” the wrongs of a loved one. It’s to do for that person what God does for you, namely, choose not to recognize…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 31 Des 2026

“[Die liefde]…hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie.” 1 Korintiërs 13:5 NLV Vergewe jouself hierdie jaar Die Griekse woord wat in hierdie vers vertaal word, is logizomai. Dit beteken om nie die foute van ‘n geliefde te ‘tel’ nie. Dit is om vir daardie persoon te…
18 Nov 2 min

Word for Today - 30 Dec 2026

“You are snared by the words of your mouth.” Proverbs 6:2 NKJV Stop stress-speak Do you realize how often you program yourself for stress by the words you use to describe simple activities that don’t necessarily need to be done quickly? It’s called “stress-speak”! Instead, begin to look for alternative…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Des 2026

“as jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ‘n strik gestel het” Spreuke 6:2 NLV Hou op om ‘stres-praatjies’ te maak Besef jy hoe gereeld jy jouself deur die woorde wat jy gebruik om eenvoudige aktiwiteite te beskryf, wat nie noodwendig vinnig gedoen hoef te word nie, laat…
18 Nov 2 min

Word for Today - 29 Dec 2029

“Approve the things that are excellent.” Philippians 1:10 NKJV Pursue excellence A number of years ago, an insurance company ran an advertisement that said: “There was once a man who loved nature with such a deep and moving love that she told him one of her secrets. She gave him…
18 Nov 1 min