Woord vir Vandag - 4 Des 2026
Loading player...
“maar ondersoek alles wat gesê word en behou wat goed is.” 1 Tessalonisense 5:21 NLV
Leer om vir jouself te dink (1)
Paulus het geskryf: ‘…ondersoek alles wat gesê word en behou wat goed is.’ Dis ‘n Skriftuurlike beginsel waarvolgens jy moet leef! Jesus het populêre denkwyses bevraagteken en dit het Hom ongewild gemaak. Dit blyk egter dat Hy reg en hulle verkeerd was. Waarom dink ons nie vir onsself nie? Omdat goeie denke harde werk is. Dis makliker om net te doen wat ander doen en te hoop dat hulle dit goed oordink het. Populêre denkwyses het eens gesê dat die aarde die middelpunt van die heelal is. Copernicus het egter die sterre bestudeer en wiskundig bewys dat die aarde om die son draai. Populêre denke het eens gesê dat chirurgie nie skoon instrumente vereis nie. Joseph Lister het egter die hoë sterftesyfer in hospitale bestudeer en antiseptiese praktyke ingestel wat miljoene lewens gered het. Populêre denke het eens gesê dat vroue nie die reg moet hê om te stem nie. Susan B. Anthony het egter vir daardie reg geveg en gewen. Populêre denke het die Nazi’s aan bewind in Duitsland gebring, maar Hitler se regime het miljoene vermoor en Europa amper vernietig. Baie beloftes van populêre denke is hol. Moenie dat hulle jou flous nie. Wanneer dit by denke kom, lei die pad van die minste weerstand dikwels tot by ‘n afgrond. As jy wil weet wat reg is vir jou, bestee tyd om God se Woord te lees. Dit sal jou nooit op ‘n dwaalspoor lei nie. Job het gesê: ‘Maar ware wysheid en mag is by God. Raad en insig is Syne’ (Job 12:13 NLV). God se wysheid sal jou wys wie jy is en wat die lewensopdrag is wat jy geroep is om te vervul. Wend jou dus tot Hom vir begrip.