Woord vir Vandag - 3 Des 2026
Loading player...
“…ons wat God in die Gees dien en in Christus Jesus roem en nie op die vlees vertrou nie” Filippense 3:3 AFR53
Wees vol vertroue in Christus
Wanneer ons oor vertroue praat, bedoel ons gewoonlik ‘selfvertroue.’ Ons dink dat ons in onsself moet glo as ons enigiets wat die moeite werd is, in die lewe wil bereik. Dit is egter ‘n wanopvatting – ons moet in Jesus wat in ons is, glo! Ons durf nie sonder Hom goed oor onsself voel nie. Paulus vermaan ons om nie vertroue in onsself of in enigiets wat ons sonder Jesus kan doen, te plaas nie. Die meeste van ons val in een van twee kategorieë: 1) Ons bereik nooit iets nie, maak nie saak hoe hard ons probeer nie en ons voel uiteindelik negatief oor onsself as gevolg van ons gebrek aan prestasie. 2) Ons het genoeg natuurlike talent om groot dinge te bereik en krediet te neem vir al ons prestasies, wat ons met trots vul. Hoe dit ook al sy, ons is ‘n mislukking in God se oë. Die enigste werklik suksesvolle individue in God se oë, is diegene wat weet dat hulle niks in hulself is nie, maar alles in Christus is. Ons roem moet in Jesus alleen wees, want Hy moet al die eer kry vir watter prestasies ons ook al mag bereik. Paulus het in vyf tale gepreek, die helfte van die Nuwe Testament geskryf en is deur God gebruik om die kerk te bou. Tog het hy die volgende oor homself gesê: ‘Nie dat ons op eie houtjie iets kan bedink asof dit ons eie breinkind is nie. Ons bekwaamheid kom van God’ (2 Korintiërs 3:5 NLV). Toe het hy hierdie woorde bygevoeg: ‘Ons het hierdie skat egter maar net in breekbare kleipotte – die allesoortreffende krag kom van God en nie van ons nie’ (2 Korintiërs 4:7 NLV). Wees dus vol vertroue in Christus.