Woord vir Vandag - 2 Des 2026

Loading player...
“En ‘n gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word; die Here sal hom laat opstaan…” Jakobus 5:15 NLV
Genesing in die Nuwe Testamentiese kerk
Kom ons kyk na ‘n paar voorbeelde van genesing in die Nuwe Testamentiese kerk. In Handelinge hoofstuk drie is Petrus en Johannes deur God gebruik om ‘n kreupel man wat elke dag by die tempelpoort gesit en bedel het, te genees (verse 1-10). In Handelinge 9:33-35 (NLV) lees ons: ‘Daar het hy ‘n man met die naam Eneas gekry wat verlam en al agt jaar bedlêend was. ‘Eneas,’ het Petrus toe vir hom gesê, ‘Jesus Christus maak jou gesond! Staan en rol jou bed op!’ En hy het dadelik opgestaan. Al die inwoners van Lidda en die Saronvlakte het hulle tot die Here bekeer toe hulle Eneas sien rondgaan.’ Handelinge 19:11-12 (NLV) sê: ‘God het deur Paulus se optrede wonderbaarlike dinge gedoen sodat selfs wanneer doeke of voorskote wat aan sy vel geraak het, op siekes gesit is, hulle siektes verdwyn het...’. Ons lees ook wat gebeur het toe Paulus skipbreuk gely het en op die eiland Malta beland het: ‘Dit het so gekom dat Publius se pa in die bed was, siek aan maagkoors. Paulus het na hom toe gegaan, en nadat hy gebid het, het hy sy hande op hom gesit en hom gesond gemaak. Ná hierdie voorval het ook die ander siekes op die eiland gekom, en is hulle gesond gemaak’ (Handelinge 28:8-9 NLV). Die apostels het goddelike genesing beoefen en hulle het dit ook verkondig. Jakobus het verklaar: ‘Is daar van julle wat siek is? Dan moet julle die ouderlinge van die gemeente laat kom. Nadat die ouderlinge die siekes met olyfolie in die Naam van die Here gesalf het, moet hulle vir hulle bid. En ‘n gelowige gebed sal die siek mens gesond laat word; die Here sal hom laat opstaan…’ (Jakobus 5:14-15 NLV). Die woord vir jou vandag is dus - bid en glo in God vir jou genesing.
18 Nov English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 31 Dec 2026

“[Love] keeps no record of wrongs.” 1 Corinthians 13:5 NIV This year, forgive yourself The Greek word translated as “no record” is logizomai. It means not to “count” the wrongs of a loved one. It’s to do for that person what God does for you, namely, choose not to recognize…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 31 Des 2026

“[Die liefde]…hou nie boek van die kwaad wat jou aangedoen word nie.” 1 Korintiërs 13:5 NLV Vergewe jouself hierdie jaar Die Griekse woord wat in hierdie vers vertaal word, is logizomai. Dit beteken om nie die foute van ‘n geliefde te ‘tel’ nie. Dit is om vir daardie persoon te…
18 Nov 2 min

Word for Today - 30 Dec 2026

“You are snared by the words of your mouth.” Proverbs 6:2 NKJV Stop stress-speak Do you realize how often you program yourself for stress by the words you use to describe simple activities that don’t necessarily need to be done quickly? It’s called “stress-speak”! Instead, begin to look for alternative…
18 Nov 1 min

Woord vir Vandag - 30 Des 2026

“as jy gevang is deur wat jy sê, vir jouself ‘n strik gestel het” Spreuke 6:2 NLV Hou op om ‘stres-praatjies’ te maak Besef jy hoe gereeld jy jouself deur die woorde wat jy gebruik om eenvoudige aktiwiteite te beskryf, wat nie noodwendig vinnig gedoen hoef te word nie, laat…
18 Nov 2 min

Word for Today - 29 Dec 2029

“Approve the things that are excellent.” Philippians 1:10 NKJV Pursue excellence A number of years ago, an insurance company ran an advertisement that said: “There was once a man who loved nature with such a deep and moving love that she told him one of her secrets. She gave him…
18 Nov 1 min