
Ondersteun Mej. Namibië op Mej. Heelal-toep
Loading player...
Mej. Namibië 2026, Charene Labuschagne, se Mej. Heelal-avontuur het amptelik begin. Sy het in Puerto Rico aangekom waar sy aan die 75ste Mej. Heelal-kompetisie gaan deelneem. Die kompetisie vind op 24 November by die José Miguel Agrelot Coliseum in San Juan plaas. Kosmos 94.1 Nuus het met die nasionale direkteur van die Mej. Namibië-kompetisie, Beaulah Boois-Beukes, gepraat. Sy sê al die voorbereidings is van hulle kant af afgehandel en doen ’n beroep op Namibiërs om Labuschagne te ondersteun terwyl sy die land op die internasionale verhoog verteenwoordig.

