
Te min huise en gedienste erwe dryf huisprys-styging
Loading player...
Die huismark toon tekens van groei, met huispryse wat in die derde kwartaal vanjaar vinniger gestyg het, hoewel groei in verbandlenings steeds stadig is en minder eiendomme verkoop is. Die jongste FNB-huisprysindeks toon dat huispryse gemiddeld met 8,9 persent op ’n jaargrondslag gestyg het, teenoor 7,4 persent in die vorige kwartaal. Die nasionale gemiddelde huisprys staan nou op net meer as 1,5 miljoen Namibiese dollar. FNB Namibia se mark-navorser, Mandisa van Wyk:

