Reis deur Efesiërs - Deel 19 (30 Augustus 2026)

Loading player...
PREDIKER: Nadia Muller
TEKS: Efesiërs 4:17–24

Wat gebeur wanneer ons begin glo dat ons self weet wat waar, goed en wys is?

Ons kyk na Efesiërs 4:17–24 én na die verhaal uit die Griekse mitologie van Prometheus, die god wat vuur vir die mense gesteel het. Dit is ’n oeroue verhaal oor die mens se soeke na kennis, mag en wysheid.

Maar Paulus wys ons na iets anders: “Julle moet eerder in die aard van julle denke vernuwe word.”

Geloof gaan nie bloot daaroor om al hoe meer kennis oor Jesus in te samel nie, maar om Jesus al hoe dieper te ken en toe te laat dat Christus ons denke vorm. Dit is dus nie bloot ’n kopgeloof of ’n gevoelsgeloof nie, maar ’n geloof waarin Christus ons anders leer dink en daarom ook anders leer kyk en leef.
30 Aug Afrikaans South Africa Christianity · Christianity

Other recent episodes

Erediens - 18 Oktober 2026 (Tien gebooie)

PREDIKER: Nadia Muller TEMA: Die Tien Gebooie – ’n uitnodiging tot ’n lewe saam met God Kom ons lees die Tien Gebooie met ’n ander bril. Wat as dit nie bloot ’n stel reëls is wat ons op die regte pad moet hou nie, maar eerder ’n uitnodiging van God…
18 Oct 38 min

Kinderdiens - 11 Oktober 2026

PREDIKER: DJ Muller TEKS: Verskeie Skrifgedeeltes TEMA: Jesus is méér as JesusGPT Ons leef in ’n wêreld waar antwoorde net een vraag ver is. Vra vir ChatGPT, en binne sekondes kry jy hulp. Maar behandel ons nie soms vir Jesus op dieselfde manier nie? Ons vra, ons wag vir ’n…
11 Oct 30 min

Erediens - 01 November 2026 (DOOP: Ian Cloete)

PREDIKER: Jan Grobbelaar (NGK Prince Alfred's Hamlet) TEKS: Kolossense 2:6–15 DOOP: Ian Cloete (geb. 17 Feb. 2026) In die Ou Testament was die besnydenis die sigbare teken dat iemand aan God se verbondsvolk behoort het (Genesis 17). In Kolossense 2:11–12 verduidelik Paulus dat gelowiges nou die "besnydenis van Christus" ontvang…
1 Nov 18 min