Hersien vereistes vir staatsdiensposte, hoor NV

Loading player...
Swanu-LP Evilastus Kaaronda wil hê dat die toelatingsvereistes vir staatsdiensposte en staatsondernemings hersien word. Hy sê vaardighede en bevoegdhede moet swaarder weeg as grade en werkservaring. Met sy kennisgewing van ‘n mosie in die Nasionale Vergadering het Kaaronda gesê die doel is om werk vir jongmense oop te stel, veral in die inligting- en komunikasie tegnologie-sektor.
21 Oct 10AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Nashinge kritiseer Inligtingsministerie se besteding

Die amptelike opposisieleier en IPC-LP, Immanuel Nashinge, het die Inligtingsministerie gekritiseer oor wat hy as verkwistende staatsbesteding beskryf. Hy het veral verwys na onnodige regstreekse uitsendings en uitgebreide dekking van regeringsgeleenthede deur die staatsmedia. Tydens die parlementêre debat oor die ministerie se N$681 miljoen-begroting het Nashinge 'n volledige herstrukturering voorgestel,…
5 Nov 3AM 1 min

SA NVG gee voorkeur aan verkiesing-verwante sake om vervolging te bespoedig

Intussen sê die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Andy Mothibi, hulle gee voorkeur aan verkiesing-verwante sake om vervolging te bespoedig en die integriteit van die verkiesing te beskerm. Meer as 25 verkiesing-verwante sake is op die hofrol terwyl sowat 20 ander nog ondersoek word. In Gauteng is 14 mense in…
5 Nov 2AM 1 min

N$41 miljard-brandstofprojek kan Walvisbaai in streekspilpunt omskep

Namibië kan in die komende jare ’n veel groter rol in die streek se brandstofvoorsiening speel danksy ’n beplande berging-s-aanleg in Walvisbaai met ’n kapasiteit van 600 miljoen liter. Die fasiliteit sal na verwagting 360 miljoen liter diesel en die res petrol kan berg, wat dit agt keer groter as…
5 Nov 2AM 1 min

Kriel blameer Ramaphosa en ANC vir SA se verwydering uit Agoa

AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, blameer president Cyril Ramaphosa en die ANC-leierskap vir Suid-Afrika se verwydering uit Agoa. Kriel beweer die regering se onteieningswetgewing skrik beleggers af en het Amerikaanse sanksies veroorsaak. Hy voer aan die ANC het voorstelle van die burgerlike samelewing geïgnoreer wat daarop gemik was om…
5 Nov 1AM 1 min

Shafudah: N$685 miljoen na dringende prioriteite verskuif

Finansminister Ericah Shafudah sê 685-miljoen Namibiese dollar wat van onderpresterende projekte hertoegewys is, sal nou dringende regerings-prioriteite finansier. Dit sluit bek-en-klouseerbeheer, graanreserwes, staatsamptenare se mediese fonds en die Noodfonds in. Die totale staatsbesteding vir 2026/27 is met 0,9% tot N$105 miljard verminder, ná 'n tekort van N$1,5 miljard aan inkomste…
5 Nov 1AM 1 min