
SA NVG gee voorkeur aan verkiesing-verwante sake om vervolging te bespoedig
Loading player...
Intussen sê die nasionale direkteur van Openbare Vervolgings, Andy Mothibi, hulle gee voorkeur aan verkiesing-verwante sake om vervolging te bespoedig en die integriteit van die verkiesing te beskerm. Meer as 25 verkiesing-verwante sake is op die hofrol terwyl sowat 20 ander nog ondersoek word. In Gauteng is 14 mense in hegtenis geneem. Mothibi sê die NVG werk saam met die polisie om sake soos aanranding en intimidasie van OVK-personeel vinnig af te handel:

