
Kriel blameer Ramaphosa en ANC vir SA se verwydering uit Agoa
Loading player...
AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, blameer president Cyril Ramaphosa en die ANC-leierskap vir Suid-Afrika se verwydering uit Agoa. Kriel beweer die regering se onteieningswetgewing skrik beleggers af en het Amerikaanse sanksies veroorsaak. Hy voer aan die ANC het voorstelle van die burgerlike samelewing geïgnoreer wat daarop gemik was om die handelsooreenkoms te red. Kriel het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:

