
Ramaphosa vra strenger optrede teen geslagsgeweld
Loading player...
President Cyril Ramaphosa moedig mans aan om vroue nie te mishandel nie en vra strenger optrede deur die polisie en die strafregstelsel om geslagsgeweld te bekamp. Ramaphosa het in Johannesburg gepraat na hy in Hydepark gestem het. Hy sê die regering is besig om steun aan slagoffers uit te brei en verhoog die aantal polisiebeamptes om sigbare wetstoepassing te verbeter. Ramaphosa sê bykomende fondse is beskikbaar gestel om geslagsgeweld aan te pak met verdere befondsing wat ook in Februarie se begroting verwag word:

