
NAC verklaar eerste dividend in 20 jaar: N$7,8 miljoen
Loading player...
Die Namibiese Lughawensmaatskappy het ‘n dividend van 7,8 miljoen Namibiese dollar verklaar – die eerste betaling in 20 jaar. Die NAC het 'n toename van 5,5 persent in inkomste tot 570 miljoen dollar aangekondig, terwyl wins ná belasting meer as verdubbel het tot 23,4 miljoen dollar. Met passasiersgetalle wat 1,13 miljoen bereik het, sê die staatsonderneming se woordvoerder, Dan Kamati, die resultate dui op groeiende ambisies om die land as 'n toonaangewende lugvaart- en logistieke spilpunt in die streek te vestig.

