
Nashinge kritiseer Inligtingsministerie se besteding
Loading player...
Die amptelike opposisieleier en IPC-LP, Immanuel Nashinge, het die Inligtingsministerie gekritiseer oor wat hy as verkwistende staatsbesteding beskryf. Hy het veral verwys na onnodige regstreekse uitsendings en uitgebreide dekking van regeringsgeleenthede deur die staatsmedia. Tydens die parlementêre debat oor die ministerie se N$681 miljoen-begroting het Nashinge 'n volledige herstrukturering voorgestel, na die voorbeeld van Rwanda, met groter klem op tegnologiese innovasie en werkskepping vir jongmense.

