Drikus Coetzee beklink 2026 Rhino Run-oorwinning ná 2 800 km

Loading player...
Drikus Coetzee sê hy is moeg ná ’n moeilike laaste skof waarin hy deur reën en dik modder moes sukkel voordat hy Dinsdag as wenner van die 2026 Rhino Run oor die eindstreep gery het. Coetzee het die uitmergelende 2 800 kilometer-rit van Windhoek na Robert Sobukwe-dorp in net meer as agt dae voltooi, sowat 130 kilometer voor sy naaste teenstander. Hy deel sy ervaring van die uitdagende wedren met Kosmos 94.1 Nuus:
21 Oct 12AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Ramaphosa vra strenger optrede teen geslagsgeweld

President Cyril Ramaphosa moedig mans aan om vroue nie te mishandel nie en vra strenger optrede deur die polisie en die strafregstelsel om geslagsgeweld te bekamp. Ramaphosa het in Johannesburg gepraat na hy in Hydepark gestem het. Hy sê die regering is besig om steun aan slagoffers uit te brei…
5 Nov 12AM 1 min

Kudumo: Strenger toesig oor Trump ná verkiesingsverskuiwing

Internasionale betrekkinge-deskundige Marius Kudumo sê Amerikaanse verkiesings word hoofsaaklik gedryf deur binnelandse kwessies soos lewenskoste en inflasie eerder as buitelandse beleid. Met Demokrate wat nou beide kongreshuise beheer, staar president Donald Trump se administrasie volgens hom strenger toesig in die gesig en sal uitvoerende besluite oor byvoorbeeld handel en buitelandse…
5 Nov 12AM 1 min

Elektriese voertuie bied kostebesparings namate brandstofpryse styg

Namate brandstofpryse aanhou styg, word elektriese voertuie al hoe meer voorgehou as 'n kostedoeltreffende alternatief vir Namibiese motoriste. Rolspelers in die bedryf sê langtermynbesparings op brandstof en instandhouding maak 'n beduidende verskil. Kosmos 94.1 Nuus het gesels met Jens Denk van Electric Vehicles Namibia, wat sê selfs ouer elektriese voertuie…
4 Nov 11PM 1 min

Namibië stel eerste staats-lugambulansdiens in gebruik

Namibië het sy eerste staatsbeheerde lugambulansdiens amptelik in gebruik geneem – ’n belangrike stap om noodmediese dienste te versterk en pasiënte in afgeleë gebiede vinniger toegang tot gespesialiseerde sorg te gee. Die diens beskik oor ’n volledig toegeruste Learjet-lugambulans wat as ’n intensiewesorgeenheid in die lug funksioneer, asook helikopter-ontruimings-dienste vir…
4 Nov 11PM 1 min

Toerismeraad waarsku teen ongeregistreerde toerisme-operateurs

Die Namibiese Toerismeraad waarsku die publiek en rolspelers in die toerismebedryf om nie sake te doen met operateurs wat nie aan die land se toerismeregulasies voldoen nie. Woordvoerder Flora Quest sê die waarskuwing volg op die identifisering van ondernemings wat sonder die nodige registrasie of nakoming van wetlike voorskrifte sake…
4 Nov 11PM 1 min