Woord vir Vandag - 30 Nov 2026
Loading player...
“…Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.” Lukas 12:15 NLV
Die lewe word op verhoudings gebou, nie op besittings nie
Min mense het dieselfde beproewinge en verdrukking as Aleksandr Solzhenitsyn deurgemaak. Hy het dekades van verskriklike ontbering as politieke balling in die Siberiese gevangenisstelsel bekend as die Goelag verduur, maar deur geloof in God het hy oorleef en die wêreld beïnvloed. Ons kan baie by hom leer, nie net omdat hy oorleef het nie, maar ook omdat hy in ‘n situasie was wat min van ons al ooit beleef het – ‘n bestaan van amper totale ontbering. Hy het nie net sonder luukshede geleef nie, maar ook sonder noodsaaklikhede. Let noukeurig op wat hy in The Prison Chronicle geskryf het: ‘Moenie vir ongeluk bang wees nie en moenie na geluk smag nie; dit is immers dieselfde. Die bitter hou nie vir ewig aan nie en die soet maak nooit die beker tot oorlopens toe vol nie. Dit is genoeg as jy nie in die koue vries nie en as honger en dors nie aan jou binnekant krap nie. As jou rug nie gebreek is nie, as jou voete kan loop, as albei arms kan buig, as albei oë kan sien en as albei ore kan hoor, wie moet jy dan beny? En waarom sal jy? Ons afguns van ander is wat ons die meeste benadeel. Maak jou oë oop en reinig jou hart - en waardeer bo enigiets anders in die wêreld, diegene wat jou liefhet en jou voorspoed toewens.’ Dit is nou ‘n man wat uitgevind het wat werklik in die lewe saak maak: nie materiële dinge nie, maar jou verhouding met God en met jou geliefdes. Jesus het gesê: ‘…Pas op! Moenie gierig wees vir wat jy nie het nie. Ware lewe word nie gemeet aan hoeveel ons besit nie.’