Woord vir Vandag - 29 Nov 2026
Loading player...
“…Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.” 2 Timoteus 2:2 NLV
Moenie dit vir jouself hou nie
Aleksandr Solzhenitsyn se skrywes het die gruwels wat menigte onskuldige mense onder die ou Russiese Kommunistiese gevangenisstelsel gely het, blootgelê. Hy het as volg ‘n Christen geword. Die Joodse geneesheer, Boris Kornfeld, is in Siberië gevange geneem. Hy is gedwing om beide die tronkpersoneel en gevangenes te behandel en wanneer nodig, te opereer. Hy het daar ‘n Christen, wat se naam onbekend is, ontmoet, maar wat se stille geloof en gereelde opsê van die Onse Vader dr Kornfeld se hart aangeraak het. Eendag, terwyl hy besig was om die slagaar van ‘n tronkbewaarder te probeer herstel, het dr Kornfeld dit ernstig oorweeg om die slagaar so te heg dat die bewaarder mettertyd intern sou doodbloei. Die geweld wat hy in sy eie hart beleef het het hom ontstel, en hy het onbewustelik begin prewel: ‘Vergeef ons ons sondes, soos ons dié vergewe wat teen ons sondig.’ Daarna het hy uitgesproke oor die onmenslike gevangeniskampreëls begin raak, wetende dat dit sy lewe in gevaar sou stel. Eendag het hy ‘n pasiënt wat ‘n kankeroperasie ondergaan het, ondersoek. Hy het in die man se oë ‘n diepte van geestelike ellende gesien wat hom ontroer het. Hy het vir die pasiënt sy eie verhaal begin vertel, insluitend sy geheime geloof in Christus. Daardie nag is dr Kornfeld in sy slaap vermoor. Sy getuienis was egter nie tevergeefs nie. Die pasiënt wat sy belydenis aangehoor het, het ook ‘n Christen geword. Die naam van daardie Christen? Die 1970 Nobelpryswenner vir Letterkunde, Aleksandr Solzhenitsyn. Moenie dit vir jouself hou nie; deel met ander wat Christus vir jou gedoen het. ‘Jy het my baie dinge hoor leer wat bevestig is deur baie betroubare getuies. Leer hierdie groot waarhede aan betroubare mense wat bekwaam is om dit aan ander deur te gee.’