Woord vir Vandag - 28 Nov 2026
Loading player...
“…vol liefdevolle goedheid en waarheid.” Johannes 1:14 NLV
Die Here glo in jou (2)
Die geloof wat die dissipels in Jesus gehad het, is nie so merkwaardig nie - hulle was immers ooggetuies van sy wonderwerke. Wat egter merkwaardig is, is die geloof wat Jesus in hulle gehad het - en die geloof wat Hy in ons het! Dit is nie maklik om verby mense se probleme te kyk nie, wat nog te sê van hul persoonlikhede. Dis egter wat Jesus doen en dis hoe ons ook ander mense moet behandel. Jesus het die dissipels beslis op hul plek gesit wanneer die geleentheid dit vereis het. Toe Jesus vir sy dissipels gesê het dat Hy sou sterf en op die derde dag opgewek word, het Petrus ‘…Hom egter eenkant toe geneem en ernstig begin bestraf: ‘…Dit sal U nooit as te nimmer oorkom nie!’’ (Matteus 16:22 NLV). Jesus het hom egter geantwoord en gesê: ‘…Gee pad agter My, jou satan! Jy maak dit vir my bitter moeilik…’ (vers 23 NLV). In dieselfde hoofstuk identifiseer Petrus Jesus egter as: ‘….die Messias, die Seun van die lewende God’ (vers 16 NLV). Jesus antwoord hom toe: ‘Gelukkig is jy… want my hemelse Vader het dit aan jou bekendgemaak. Hierdie wete het jy nie van enige mens ontvang nie. Ek verklaar nou vir jou: ‘Jy is Petrus. Op hierdie rots sal Ek my kerk oprig, en al die magte van die hel sal dit nie oorwin nie. Ek vertrou die sleutels van God se koninkryk aan jou toe…’’ (Matteus 16:17-19 NLV). Gesonde verhoudings vereis beide ‘liefdevolle goedheid en waarheid.’ Genade beteken dat julle vir mekaar lief sal wees en waarheid beteken dat julle eerlik met mekaar sal wees, maak nie saak wat nie. Wanneer jy hierdie twee elemente in jou lewe kombineer, het jy mense lief soos Jesus dit gedoen het.