Woord vir Vandag - 20 Nov 2026
Loading player...
“…die Here julle God… het aan julle kant geveg.” Josua 23:3 NLV
God veg vir jou (1)
Hier is een van die grootste beloftes in die Bybel: ‘…Onthou dat God die versekering gegee het: ‘Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.’ Daarom kan ons moed skep en antwoord: ‘Die Here is my hulp. Daarom sal ek nie bang wees nie. Wat kan nietige mensies my aandoen?’’ (Hebreërs 13:5-6 NLV). Die Griekse woord vir ‘helper’ het twee betekenisse: ‘’n geroep’ en ‘om te hardloop.’ Wanneer jy hulp nodig het, hardloop God en roep: ‘Ek is op pad!’ Sukkel jy om werk te kry? God is jou helper. Is jou witbloedtelling af? Die Een wat jou gemaak het, is by jou. Die wêreld is vol konflik. Tog sal die Almagtige jou nooit verlaat of in die steek laat nie. Dit verander alles! Aangesien God sterk is, sal jy sterk wees. Aangesien Hy in staat is, sal jy in staat wees. Aangesien Hy geen perke het nie, het jy geen perke nie. ‘Daarom kan ons moed skep en antwoord: ‘Die Here is my hulp. Daarom sal ek nie bang wees nie…’’ God veg vir jou! Josua kon daarvan getuig - die mure van Jerigo het geval. Een-en-dertig verskillende konings is verslaan. God het die son laat stilstaan om Josua tyd te gee om vyf vyandige leërs te oorwin. Israel het die Beloofde Land in besit geneem, en in sy afskeidsrede het Josua vir die volk gesê: ‘…die Here julle God… het aan julle kant geveg.’ Het jy geweet dat God vir jou ook veg? ‘…Die Here ons God is by ons en Hy sal vir ons veg!..’ (2 Kronieke 32:8 NLV). ‘…Ons God sal vir ons veg!’ (Nehemia 4:20 NLV). ‘Here, baklei vir my teen hulle wat met my baklei. Veg teen hulle wat teen my veg’ (Psalm 35:1 DB).