Woord vir Vandag - 19 Nov 2026
Loading player...
“Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie.” Romeine 8:18 NLV
Oortuiging op die regte manier
Nick Vujicic is sonder arms en bene gebore. In plaas daarvan om egter vir God kwaad te word oor die dinge wat hy nie kan doen nie, het Nick as tiener ‘n beslissende besluit geneem om dankbaar te wees vir die dinge wat hy wel kan doen. Hy het wonderlike dinge bereik. Nick se lewe is ‘n staande teregwysing teen selfbejammering. Hy weier om deur sy gestremdhede gedefinieer te word. In plaas daarvan gebruik hy sy beperkings en omskep dit in ‘n getuienis. Honderde duisende mense het al hul geloof in Christus geplaas nadat hulle sy getuienis aangehoor het. Dit is die lyding wat Nick verduur het waarmee mense die meeste identifiseer. Eenvoudig gestel, God het Nick se pyn in ewige wins vir duisende mense omskep. Nick het ook vrede met daardie feit gemaak. ‘Ek wil liewer geen arms en geen bene op aarde hê nie,’ sê hy, ‘en die ewigheid saam met diegene wat deur my getuienis tot geloof kom, deurbring!’ Paulus het geskryf: ‘Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie.’ Paulus het lyding in die teenwoordige tyd met heerlikheid in die toekomstige tyd vergelyk. Dink aan ‘n balansstaat – ‘n rekord van debiete en deposito's. Amper soos jou tjekrekening, sal jou lyding eendag versoen word. Hoewel ons ons lyding tans as ‘n las kan beskou, is dit op die ewige balansstaat ‘n bate wat se waarde vermeerder. Petrus het geskryf: ‘…Om egter die houe te vat wanneer julle goeddoen, dít is iets besonders voor God. Hierdie soort swaarkry maak juis deel uit van dit waartoe God julle geroep het…’ (1 Petrus 2:20-21 NLV).