Woord vir Vandag - 18 Nov 2026
Loading player...
“So het die Here vir Israel die hele land gegee wat Hy met ‘n eed aan hulle voorouers beloof het. Hulle het die land ingeneem en hulle daar gevestig.” Josua 21:43 NLV
God hou sy Woord
Drie keer in drie verse sê Josua vir die mense dat God gedoen het wat Hy gesê het Hy sou doen: 1) ‘So het die Here… gegee wat Hy met ‘n eed… beloof het…’ (vers 43 NLV); 2) ‘Die Here het vir hulle vrede gegee… soos Hy plegtig aan hulle voorouers beloof het…’ (vers 44 NLV); 3) ‘Nie een van al die goeie dinge wat die Here vir Israel beloof het, het agterweë gebly nie. Elkeen van hulle het gebeur’ (vers 45 NLV). Seshonderd jaar tevore het God ‘n belofte aan Abraham gemaak: ‘…Hierdie land gee Ek vir jou nageslag…’ (Genesis 12:7 NLV). Toe Abraham sterf, was die enigste grond wat hy besit het die grond waarop Sara se graf was. Sy nageslag was vier eeue lank slawe in Egipte. Moses het hulle naby Kanaän gebring, maar nooit ingelei nie. God het aan Abraham belowe: ‘…Ek sal jou seën sodat jy geëerd sal wees, en vir ander tot ‘n seën sal wees. Ek sal dié seën wat jou seën en dié wat jou vervloek, sal Ek vervloek. Deur jou sal al die mense op die aarde geseën word’ (Genesis 12:2-3 NLV). Hierdie belofte is gedeeltelik in Josua en volledig in Jesus vervul. In Hom is alle nasies geseën. In Hom het elke persoon hoop en die moontlikheid van verlossing. Geen wonder dat die apostel Paulus geskryf het: ‘want al die baie beloftes van God in Christus Jesus is ‘n volmondige ‘ja’…’ (2 Korintiërs 1:20 NLV). Ons God is ‘n God wat beloftes maak en sy Woord hou. Ander mag dalk ‘n belofte maak en dit vergeet. Wanneer God egter ‘n belofte maak, kan jy daarop staatmaak: ‘…ons kan op God staatmaak; Hy sal doen wat Hy beloof het’ (Hebreërs 10:23 NLV).