Woord vir Vandag - 16 Nov 2026
Loading player...
“…Wil julle dit wat die Gees in julle begin het, nou uit eie krag probeer klaarmaak?” Galasiërs 3:3 NLV
God kan jou van perfeksionisme bevry
Is jy kwaad vir jouself wanneer jy nie aan jou eie verwagtinge voldoen nie? Of voel jy dat dit wat jy bereik nooit goed genoeg is nie? Vat jy lank om ‘n besluit te neem omdat jy moet seker maak dat dit die regte besluit is? Probeer jy blaamloos bly in ‘n poging om jouself teen kritiek en afkeur te beskerm? Jy sal nooit vrede en emosionele sekuriteit ervaar as alles perfek moet wees nie. Perfeksionisme is ‘n denkwyse van selfvernietigende gedagtes en gedrag wat daarop gemik is om onrealistiese doelwitte te bereik. Die sielkundige dr David Viscott verduidelik dit as volg: ‘’n Beheervraat se wens om perfek te wees, spruit uit die kinderjare se wens om blaamloos te wees. Aangesien ware groei beteken om jou foute te erken en jou swakhede te ondersoek, loop beheervrate die grootste risiko om as gevolg van hul aandrang om altyd reg te wees, rigied te word en te misluk. Hulle moet voel dat hulle bo kritiek is sodat niemand ‘n rede kan hê om iets van hulle te weerhou of hulle te verwerp nie. Hulle glo dat hulle perfek moet wees om veilig te wees, dus raak hulle ongemaklik en begin in hulself twyfel wanneer hulle met klein onvolmaakthede gekonfronteer word.’ In vandag se samelewing glo baie mense dat om ‘n perfeksionis te wees wenslik en noodsaaklik vir sukses is Daarom dra hulle hul perfeksionisme soos ‘n ereteken. Die waarheid is dat wanneer jy ‘n perfeksionis is, jy jouself elke dag oopstel om te misluk. Jy hoef egter nie so te leef nie. Hoekom? Want wanneer jy Christus as jou Verlosser aanvaar, aanvaar God jou met al jou onvolmaakthede. Sy onvoorwaardelike liefde en aanvaarding bevry jou om jouself lief te hê en te aanvaar.