Woord vir Vandag - 15 Nov 2026
Loading player...
“…volwasse liefde dryf die vrees uit…” 1 Johannes 4:18 NLV
Wanneer God ons aanspoor om te gee
Kom ons kyk na aangespoorde gee. Van tyd tot tyd sal God jou aanspoor om ‘n spesiale gawe te maak. God gebruik aansporings om te kommunikeer dat jy in ‘n unieke posisie is om in die behoeftes van sy koninkryk te voorsien. Soos jy deur die lewe gaan, stel God jou voortdurend aan mense met behoeftes voor. Soms is dit ‘n geestelike behoefte; ander kere is dit ‘n fisiese behoefte. Soms is jy die een in nood; ander kere voorsien jy wat nodig is. Dit is hoe die kerk werk. As rentmeesters het ons die voorreg om met ons hemelse Vader te kommunikeer en in die behoeftes van sy kinders in die wêreld te voorsien. Sonder die element van aansporing kan jou manier van gee baie koud en berekend word. Aansporings is die kerkliggaam se hartklop. In 1 Johannes 3:17 (NLV) lees ons: ‘Iemand wat ryk is aan aardse lewensmiddele en sy broers en susters sien gebrek ly, maar weier om ‘n helpende hand uit te steek – hoe is dit moontlik dat die liefde van God in daardie persoon woon?’ God gebruik die behoeftes van ander as geleenthede om sy liefde wat lewend in ons is, ten toon te stel. Dikwels word hierdie geleenthede deur spesiale aansporings wat bo en behalwe ons gereelde manier van gee is, geopenbaar. Miskien dink jy: ‘Ek kan dit nie bekostig nie.’ Betrek God egter hierby! Hy kan jou nie net gebruik om in die behoeftes van ander te voorsien nie, maar Hy kan ook die saad van vrygewigheid wat jy gesaai het vermeerder om die oes wat jy nodig het, te vorm. Wanneer dit gebeur, sal jou vrees in die niet verdwyn, want ‘…volwasse liefde dryf die vrees uit…’