Woord vir Vandag - 14 Nov 2026

Loading player...
“Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook…” 1 Korintiërs 10:13 NLV
Hoe om versoekings te hanteer
Jy moet versoekings op dieselfde manier as wat jy onkruid in ‘n tuin sou uitwis, hanteer. Jy kan nie net die bopunte van die onkruid afsny nie, want oor ‘n paar dae sal dit terug wees. Dis soos om te sê: ‘Ek sal eenvoudig ophou sondig.’ Dit spreek net die uiterlike aan. Nog ‘n opsie is om die onkruid en die lote tot op die grond af te sny. Die tuin lyk vir ‘n rukkie goed en onkruidvry, maar dit bly nie onkruidvry nie. Die enigste effektiewe manier om versoeking te hanteer, is om by die wortel daarvan uit te kom. Die Bybel sê: ‘Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook. God is getrou. Hy sal keer dat die versoeking te sterk vir julle word. Midde-in die versoeking sal Hy vir ‘n uitweg sorg sodat julle kan volhou.’ Wat is God se ‘uitweg’ vir jou? Om in sy Woord te leef en sy Woord in jou te laat leef. Satan het Jesus drie verskillende kere in die woestyn versoek, maar Jesus het hom oorwin. Hoe? Drie keer het Hy geantwoord: ‘Daar staan in die Skrif geskryf…’ Jy moet die Woord van God ken en tydens jou ontmoetings met versoeking gebruik. Die slagveld speel in jou gedagtes af. Daarom het Paulus gesê: ‘Laat julle gedagtes beheer word deur die hemelse dinge, nie deur dinge op hierdie aarde nie. (Kolossense 3:2 NLV). Daarom het hy aan die Christene in Filippi geskryf: ‘Verder, broers, alles wat waar is, alles wat edel is, alles wat reg is, alles wat rein is, alles wat mooi is, alles wat prysenswaardig is - watter deug of lofwaardige saak daar ook mag wees - daarop moet julle julle gedagtes rig’ (Filippense 4:8 AFR83).
20 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Woord vir Vandag - 20 Nov 2026

“…die Here julle God… het aan julle kant geveg.” Josua 23:3 NLV God veg vir jou (1) Hier is een van die grootste beloftes in die Bybel: ‘…Onthou dat God die versekering gegee het: ‘Ek sal jou nie los nie. Ek sal jou nie in die steek laat nie.’ Daarom…
20 Oct 2 min

Word for Today - 19 Nov 2026

“For I reckon that the sufferings of this present time are not worthy to be compared with the glory which shall be revealed in us.” Romans 8:18 KJV Reckoning the right way Nick Vujicic was born without arms or legs. But instead of getting angry with God about the things…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 19 Nov 2026

“Ek weet vir seker dat ons huidige lyding hoegenaamd nie vergelyk kan word met die heerlikheid waarmee God ons gaan verras nie.” Romeine 8:18 NLV Oortuiging op die regte manier Nick Vujicic is sonder arms en bene gebore. In plaas daarvan om egter vir God kwaad te word oor die…
20 Oct 2 min

Word for Today - 18 Nov 2026

“The Lord gave to Israel all the land of which He had sworn to give to their fathers, and they took possession of it and dwelt in it.” Joshua 21:43 NKJV God keeps His Word Three times in three verses, Joshua told the people that God did what He said…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 18 Nov 2026

“So het die Here vir Israel die hele land gegee wat Hy met ‘n eed aan hulle voorouers beloof het. Hulle het die land ingeneem en hulle daar gevestig.” Josua 21:43 NLV God hou sy Woord Drie keer in drie verse sê Josua vir die mense dat God gedoen het…
20 Oct 2 min