Woord vir Vandag - 8 Nov 2026

Loading player...
“Van Jakobus... Aan die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is. Groete!” Jakobus 1:1 AFR83
Jakobus se lesse (3)
Jakobus het vir die ‘die twaalf stamme wat oor die wêreld versprei is,’ daardie vroeë Christene wat uit Jerusalem gevlug het, geskryf. Na die marteldood van Stefanus in Handelinge hoofstuk sewe, het die Christene in Jerusalem onder toenemende vervolging van die Romeinse Ryk gely. Hulle het geweier om te bely dat die Romeinse keiser here is en daarop aangedring dat daar net een Here, die Here Jesus Christus, is. Die Bybel sê: ‘…Al die gelowiges, behalwe die apostels, het uitgewyk na die gebiede van Judea en Samaria’ (Handelinge 8:1 NLV). Jakobus het aan die gelowiges wat hul huise, hul werk, hul eiendomme - alles - moes verlaat, geskryf. Praat van stres! God het egter ‘n doel met hulle verspreiding en die gevolglike stres wat daarmee gepaard gaan, gehad. As hierdie gelowiges in Jerusalem gebly het, is die kanse goed dat die evangelie nie so volledig deur die wêreld versprei sou word nie. Hierdie vroeë volgelinge van Jesus wat so versprei is, het oral waar hulle gekom het die Goeie Nuus van Christus se verlossingswerk gedeel en in slegs een generasie het die evangelie deur die Romeinse Ryk versprei. Daarom het Jakobus aan die kerk ‘wat oor die wêreld versprei is,’ geskryf: ‘…wanneer julle in allerhande beproewings beland, moet julle eintlik baie bly wees’ (Jakobus 1:2 NLV). Hul ontworteling uit Jerusalem het tot die vestiging van die kerk regdeur die wêreld gelei. ‘…Maar ons God het die vloek in ‘n seën verander’ (Nehemia 13:2 NLV). By God kan pyn op die korttermyn tot wins op die langtermyn lei. Hy gebruik terugslae wat ons soms nie verstaan nie, om sy doelwitte te vervul. Is dit wat tans in jou lewe gebeur? Vertrou God; Hy weet wat Hy doen!
20 Oct English South Africa Christianity

Other recent episodes

Word for Today - 15 Nov 2026

“Perfect love casts out fear.” 1 John 4:18 NKJV Prompted giving We’ve looked at priority giving, percentage giving, and progressive giving. Now let’s look at prompted giving. From time to time, God will prompt you to make a special gift. God uses promptings to communicate that you are in a…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 15 Nov 2026

“…volwasse liefde dryf die vrees uit…” 1 Johannes 4:18 NLV Wanneer God ons aanspoor om te gee Kom ons kyk na aangespoorde gee. Van tyd tot tyd sal God jou aanspoor om ‘n spesiale gawe te maak. God gebruik aansporings om te kommunikeer dat jy in ‘n unieke posisie is…
20 Oct 1 min

Word for Today - 14 Nov 2026

“No temptation has overtaken you except such as is common to man.” 1 Corinthians 10:13 NKJV How to deal with temptation You should deal with temptation in the same way you would deal with weeds in a garden. You can’t just cut off the tops of the weeds, because in…
20 Oct 1 min

Woord vir Vandag - 14 Nov 2026

“Onthou, die versoekings wat oor julle pad kom, is nie uniek nie; ander ondervind dit ook…” 1 Korintiërs 10:13 NLV Hoe om versoekings te hanteer Jy moet versoekings op dieselfde manier as wat jy onkruid in ‘n tuin sou uitwis, hanteer. Jy kan nie net die bopunte van die onkruid…
20 Oct 2 min

Word for Today - 13 Nov 2026

“Pay close attention to yourself.” 1 Timothy 4:16 NAS It’s you that God wants to deal with! Paul told Timothy, “Pay close attention to yourself.” Preachers often preach to others the very things they themselves need most! If you want to know which battle they’re fighting, just listen to what…
20 Oct 1 min