Woord vir Vandag - 7 Nov 2026
Loading player...
“As jy… dóén wat die wet sê… dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen.” Jakobus 1:25 NLV
Jakobus se lesse (2)
Die See van Galilea, wat noord van Israel lê en wemel van baie soorte waterdiere, is ‘n pragtige blou kleur. Die Dooie See lê suid van Israel en word met goeie rede dood genoem: Daar is geen lewe in sy stilstaande water nie. Wat maak hierdie twee watermassas so verskillend? Eerstens het die See van Galilea ‘n inlaat: die Jordaanrivier vloei daarin. Aan sy suidelike oewer het die See van Galilea ook ‘n uitlaat: water vloei deur die Groot Skeurvallei uit. Soos die See van Galilea, het die Dooie See ‘n inlaat: die Jordaanrivier vloei daarin. Die Dooie See het egter geen uitlaat nie; dit neem in, maar gee nie uit nie. Dit is die tema van die boek Jakobus. Lewendige gelowiges neem nie net in nie, maar hulle gee ook uit. Hulle sit die woord wat hulle ontvang (inset) in aksie (uitset) om: ‘…As jy altyd net die woord aanhoor en nooit doen wat dit sê nie, is dit so goed jy kyk na jou gesig in die spieël sonder om iets aan jou voorkoms te doen. Jy bekyk jouself, gee pad, en vergeet wat jy gesien het. As jy jou egter verdiep in God se volmaakte wet – dié wet wat ‘n mens vrymaak – en jy dóén wat die wet sê en jy vergeet nie wat jy gehoor het nie, dan kan jy God se seën verwag op wat jy doen’ (Jakobus 1:23-25 NLV). Jakobus waarsku ons om nie só op die hemel te fokus dat ons nie goed op die aarde doen nie; dat dit nie genoeg is om net die Skrif te lees nie, maar dat ons ook moet soek na praktiese maniere om dit elke dag uit te oefen. Sy boodskap kan met die die bekende Nike-slagspreuk opgesom word: ‘Just do it!’