
Carrim 'wou sonder retoerkaartjie na Dubai vlieg'
Loading player...
Die sakeman van Noordwes, Suliman Carrim, het in die landdroshof in Pretoria verskyn op 'n aanklag dat hy versuim het om ingevolge 'n dagvaarding voor die Madlanga-kommissie te verskyn. Hy is Donderdagaand op die OR Tambo Internasionale Lughawe in Gauteng in hegtenis geneem voordat hy op 'n vlug na Dubai kon klim. Die staatsaanklaer voer aan hy het nie 'n retoerkaartjie gehad nie, maar Carrim ontken dit. Die hof het gelas hy moet sy retoerkaartjie aan die hof toon:

