
Bly kalm, hand-, voet- en mondsiekte nie soos BKS
Loading player...
Die gesondheidsministerie doen 'n beroep op die publiek om kalm te bly ná berigte oor hand-, voet- en mondsiekte op Rehoboth, wat 19 kinders raak. Die ministerie sê alle aangemelde gevalle is stabiel en waarsku terselfdertyd teen verkeerde inligting, die sluiting van skole en onnodige paniek. Die ministerie se woordvoerder, Walters Kamaya, sê dat hand-, voet- en mondsiekte in mense verskil van die bek-en-klouseer wat in diere met gesplete hoewe voorkom.

