
Duitse volksmoord-mosies sal moeilik slaag: kenner
Loading player...
Reaksie word ontvang op die Duitse parlement wat debat gevoer het oor die volksmoord op die OvaHerero- en Nama-volke. Dit was na twee aparte opposisie-mosies van die Linkse Party, wat herstelbetalings vir die afstammelinge van die slagoffers eis, en die Greens wat vra dat kulturele artefakte en menslike oorskot aan Namibië terugbesorg word. Die debat het 'n gespanne wending geneem nadat wetgewers van die regse AfD opmerkings gemaak het wat as beledigend en rassisties bestempel is. Politieke ontleder Henning Melber het met Kosmos 94.1 gepraat.

