Kerntoetsontploffing-simulasie in Erongo-streek hou klomp voordele vir Namibië

Loading player...
Die aanbieding van Afrika se eerste kerntoetsontploffing-simulasie in die Erongo-streek bring groot ekonomiese en diplomatieke voordele vir die land. Magdalena Shipiki, hoofbeampte vir buitelandse betrekkinge by die internasionale betrekkinge-ministerie, sê dat die oefening, wat 147 miljoen Namibiese dollar kos, logistiek, gasvryheid en toerisme aan die kus ’n hupstoot gee. Sy sê dat hierdie mylpaal Namibië se rol versterk as ’n voorstander van kern-ontwapening. Sy het met Kosmos 94.1 Nuus gepraat:
15 Oct 6AM Afrikaans South Africa News

Other recent episodes

Adjunkminister van Justisie bekommerd oor dodelike Katlehong-skietery voor verkiesing

Die Suid Afrikaanse adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, het kommer uitgespreek oor die dodelike skietery in Katlehong in aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing. Vier mense is Dinsdagaand doodgeskiet, onder andere twee lede van die ANC-jeugliga. Drie ander is in die hospitaal. ʼn Verdagte het homself aan die polisie…
15 Oct 6AM 1 min

Dunaiski: Psemas-struktuurhervormings skep uitdagings vir pensioenarisse

Die Psemas-struktuurhervormings, wat op 1 April ingestel is, het aansienlike uitdagings vir kwesbare lede, veral pensioenarisse, geskep. Hoewel die hervormings daarop gemik is om die skema se langtermynvolhoubaarheid te verseker en die weg te baan vir breër universele gesondheidsdekking, sê die bestuurskundige Pius Dunaiski aan Kosmos 94.1 Nuus dat die…
15 Oct 6AM 1 min

Sherbourne sê Namibië moet liewer sy bande met VSA versterk

Die ekonoom Robin Sherbourne sê Namibië behoort verder te kyk as sy groeiende bande met Rusland en China, en eerder meer te fokus op die versterking van sy verhouding met die Verenigde State. In 'n gesprek met Kosmos 94.1 Nuus sê Sherbourne dat, hoewel Amerikaanse beleids-besluite onder president Donald Trump…
15 Oct 6AM 1 min

Mashatile sê ‘n regverdige oorgang na ‘n volhoubare ekonomie moet almal insluit

Die Suid Afrikaanse adjunkpresident Paul Mashatile sê die dringendste nasionale taak is om sterker groei te bewerkstellig en werk te skep om armoede en ongelykheid aansienlik te verminder. Hy was gister die hoofspreker tydens FEDUSA se agtste nasionale kongres in Kemptonpark, Gauteng. Die ekonomie het in die tweede kwartaal van…
15 Oct 5AM 1 min