
Dunaiski: Psemas-struktuurhervormings skep uitdagings vir pensioenarisse
Loading player...
Die Psemas-struktuurhervormings, wat op 1 April ingestel is, het aansienlike uitdagings vir kwesbare lede, veral pensioenarisse, geskep. Hoewel die hervormings daarop gemik is om die skema se langtermynvolhoubaarheid te verseker en die weg te baan vir breër universele gesondheidsdekking, sê die bestuurskundige Pius Dunaiski aan Kosmos 94.1 Nuus dat die veranderinge gepaardgegaan het met 'n onmiddellike menslike koste.

