
Adjunkminister van Justisie bekommerd oor dodelike Katlehong-skietery voor verkiesing
Loading player...
Die Suid Afrikaanse adjunkminister van Justisie en Grondwetlike Ontwikkeling, Andries Nel, het kommer uitgespreek oor die dodelike skietery in Katlehong in aanloop tot die plaaslikeregeringsverkiesing. Vier mense is Dinsdagaand doodgeskiet, onder andere twee lede van die ANC-jeugliga. Drie ander is in die hospitaal. ʼn Verdagte het homself aan die polisie oorgegee en die saak word deur die Gautengse taakspan oor politieke moorde ondersoek. Nel sê partye en kandidate moet hul veldtog in ʼn veilige omgewing voer:

